Lourier Eerste Uitgawe 2018 LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN 2 met fotos | Page 17

voortrekkers trotse Voortrekkers Deur Corné Vosloo Baie welkom aan al die nuwe Verkenners wat hierdie jaar aangesluit het en ook aan die groentjies wat nou van Penkoppe en Drawwertjies na Verkenners bevorder is. As jy hoor die Voortekker-lede praat van “ons leef volgens die ABC”, praat hulle nie van die alfabet nie. Dit is die drie bene waarop die Voortekkerbeweging gebaseer is en dit staan vir Afrikanerskap, Burgerskap en Christenskap. Die Voortrekkers is op Christelike waardes gevestig en skep geleentheid om dié Christelike waardes toe te pas. Ons Afrikaanse taal en kultuur word ook op moderne maniere bevestig. Ons poog om aan die jeug die kennis te gee van die Afrikaner se herkoms en die ontwikkeling van suiwer Afrikaans. Een van ons groot oogpunte is om ons jeug selfstandig te maak en hulle as leiers te ontwikkel. Deur die Voortrekker-loopbaan kry almal die geleentheid om as ‘n leier op te tree. Daar is heelwat aktiwiteite reg deur die jaar waaraan groot en klein kan deelneem. Verskeie kampe vind regoor die provinsie reg deur die jaar plaas wat ‘n wye veld van kennis en avontuur dek. Spanbyeenkoms-bywoning is noodsaaklik om jou teoretiese kennis te verbreed. Die Vlotvaart-kamp is reeds gedurende die Desember-vakansie gehou en is deur Corné Vosloo in gr. 9 bygewoon. Dit is by die kampterrein, Patensie, tussen die berge langs die rivier gehou. Die jeuglede is in groepe verdeel en moes vlotte bou wat kon dryf. Elke span moes ten minste 5 km rivier-op kon roei met die vlot sonder om te sink. Daar is ook aandag aan lewensredding gegee en elke lid het entoesiasties deelgeneem. Wat ‘n ongelooflike ervaring! Die kamp was vanaf 2 tot 7 April 2018 by die Boknes-kampterrein vir die gr. 7- tot 10- lede. Dieselfde tyd het die Selfbehoud- en BG-kamp by Klein Kaba, Alexandria, vir gr. 11- en 12-lede, plaasgevind. Die Kommando Jeugleiers vir 2018 is Christa Nagel, graad 10, en Corné Vosloo, graad 9.