Lourier Eerste Uitgawe 2018 LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN 2 met fotos | Page 16

aktueel Warm liefde en koue trane Deur Shannon Opperman O p 31 Januarie 2018 neem ons afskeid van mev Booysen, die skool se berader en die tannie wat altyd haar hart se deure vir iemand met ‘n gebroke hart oopgemaak het. Sommige dae het jy in haar kantoor met hartseer en oë vol trane ingestap, maar die Here het deur mev Booysen gewerk om ons van die vloer af te help en ons op die regte pad te lei. Almal wat vir mev Booysen ken, het haar gesien met soveel liefde, vrede, met ‘n hart van goud en ‘n glimlag wat helder in die son skyn. Die liefde wat mev Booysen vir die Grens-leerders het, is ontsettend groot en prysloos. Sy was altyd reg met ‘n tissue om trane af te vee. Mev Booysen was baie kinders se anker en lig in die lewe. Sonder haar sou baie kinders nie gewees het waar hulle nou is nie; sy het hulle altyd aangemoedig en motiveer. Mev Booysen se passie is nog altyd om kinders te leer en te motiveer om te weet wie hulle is. Sy leer altyd haar kinders: moet nooit jouself aan ander steur nie. Elke kind is volgens God se beeld geskep en God is volmaak; so is elke kind spesiaal. My motto in die lewe is: Elke kind het ‘n keuse. Jou omstandighede bepaal nie jou toekoms nie: • Hou vas aan die Here; • Vergeet van jou verlede; • Sprei jou vlerke, beweeg vorentoe en geniet elke oomblik. Kinders lê na aan my hart. Grens-kinders het die vermoë om diep in ‘n mens se hart te klim. Ek gaan my kinders baie mis. Baie sterkte met die jaar en onthou: ek is net ‘n WhatsApp weg.”