Lourier Eerste Uitgawe 2018 LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN 2 met fotos | Page 15

aktueel

Valentynsdag Deur Chané Engelbrecht
Valentynsdag is‘ n dag van liefde en geluk en partykeer teleurstelling, maar hier by Hoërskool Grens is die liefde volop. Op dié dag van liefde was daar‘ n glans in almal se oë. Rose en heerlike kolwyntjies is uitgedeel en skelmpies is uiteindelik op die spesiale dag bekend gemaak! Hartroerende liedjies is aan geliefdes en skelmpies gespeel. Die Valentynsdag by Hoërskool Grens was‘ n merkwaardige dag wat in sommige mense se gedagtes vir altyd sal bly. Met die liefde wat so volop was, was daar ook‘ n bietjie van jaloesie toe Karla Stemmet by haar“ Koning” Kyle Pretoruis haar droomteddie ontvang het. Maar saam met jaloesie kom daar ook nuuskierigheid oor wie vir Soné Jordan‘ n bos blomme geggee het en juffrou Croucamp se dag met haar skelm rose gemaak het. Te danke aan ons eie twee Cupido’ s was hierdie dag baie spesiaal.
Valentynsbal Deur Chané Engelbrecht
Die Valentynsbal was‘ n aand waar‘ n mens lekker kon dans en jouself geniet. Daar was‘ n fotohoekie waar vriende en geliefdes kosbare herinneringe kon vaslê. Daar is net een woord wat die aand kan beskryf: uniek. Vir die opmaak van die saal kan ons dankie sê aan ons pligsgetroue prefekte. Om die aand nog unieker te maak, het Grens hulle eie DJ gehuur wat ons voete, asook meneer Barnard se voete, met elke liedjie laat jeuk het. Vir die mense wat glad nie wou dans nie, was daar altyd die trappe by die biblioteek of die“ soen-stoepie” waar die meeste mense eerder sou wou wees as op die dansvloer by‘ n sokkie.