Lourier Eerste Uitgawe 2018 LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN 2 met fotos | Page 14

aktueel ‘Trends’ of ‘ends’ Deur Anje du Toit Elke skool het sy eie unieke modeneigings, maar wat is Grens se modeneigings? Ons skool spog met cool seuns met comb-overs en sokkies met snaakse prentjies op hul opge- trekte sokkies bv. Jellybeans. Seuns dra ook roomkleurige broeke met rek onder aan met hul strandplakkies en dan moet jy net nie die K-way- of camo-baadjie vergeet wat saam daarmee kom nie. Dit is deesdae mode vir die meisies om hul hare korter te sny en ligte strepies in te sit of om hul hare in twee Duitse vlegsels te dra. Die styl wat ons dames dra, is boyfriend jeans en peasent blouses. Baie meisies dra gekleurde noupassende jeans met ‘n eenvoudige bloes terwyl die meer girlie girls geblomde rokkies dra. Musiek is ‘n groot deel van die meerderheid leerders se lewe omdat daar so ‘n wye veld van verskillende tipes musiek is waarby almal kan aanklank vind. Onder die leerders is Young dumb and broke, Thunder en Perfect groot treffers asook die musiekgroep, Die Heuwels Fantasties en Fran- cois van Coke se liedjies. Maar die feit bly staan: as daar ‘n lekker up-beat liedjie speel, is almal se lywe op die dansvloer en hulle hande in die lug. Tieners het ‘n vreemde manier om met mekaar te praat en dit kan ‘n groot kopseer vir die ouer geslag wees. Dit is woorde soos ‘’Hi, vriendin’’, ‘’Awe bra’’, ‘’Dit is chilled’’, ‘’Hoe lyk dinge?’’, ‘’Ek het lettelik…’’ en ‘’Ek soek…’’ is woorde wat deur ons tieners gekenmerk word. Ons ouers se neigings was die volgende: As jy cool wou wees, het jy blou en wit Adidas-plakkies, Sacony-tekkies, Snow White jeans en camo-baad- jies gedra. Die musiek wat hulle op plate geluister het, was musiek deur Queen, Bruce Springsteen, Abba en Neil Diamond. Die woorde wat hulle ge- bruik het, was woorde soos Boogie, Dynamite en Groovy man. Ons en ons ouers se modeneigings verskil, maar daar is tog die camo-baadjie wat ooreenstem asook die musiek wat baie lewendig is. Ons sien ook dat ons ouers se voorkeure van vroeër stadig, maar seker terugkom. Ek voorspel dat ons volgende neiging vir kleredrag ‘n pastel kleur sal wees en ook plastiekskoene. Binnekort sal mense ook sokkies met plakkies dra, iets wat in ons ouers se tyd mode was. Modeneigings is goed en wel, maar hoekom volg mense dit? Volgens die skrywer vir Dressful, Eva, is daar vier redes hoekom mense algemene neigings volg. Die eerste rede is dat mense nie aandag aan hul persoonlike styl gee nie; hul dink dan aan wat die nuwe neiging is, aanvaar dat dit goed aan hul sal lyk en dra dit dan. Die tweede rede is dat mense ander mense wil beïndruk deur soos hul rolmodelle aan te trek. Natuurlik is daar ook die rede dat die kinders wil inpas en by hul vriendegroep aanvaar wil word. Die laaste rede is nie algemeen nie, maar mense speel met die verskillende neigings sodat hul kan sien wat hul persoonlikheid die beste reflekteer. So, vra jouself af: hoekom volg EK neigings of hoekom nie? Dan bepaal jy of dit die moeite werd is om dit te volg en of jy dit liewer moet stop. Onthou: die klere gaan nie die wêreld verander nie, maar die persoon wat die klere dra, kan.