Lourier Eerste Uitgawe 2018 LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN 2 met fotos | Page 13
skoonheid
het jy al van hierdie skoonheidswenke gehoor?
deur Shannon Opperman
Meisies, wie wil nou nie mooi lang hare hê nie? Dit lyk dan so mooi op ‘n somersdag as iemand se hare so in
die wind waai. Dis nie al nie; ons almal wil mooi pragtige oë, ‘n gesig, arms en ‘n vel wat nie droog lyk nie, hê.
Hier is ‘n paar wenke wat jy kan probeer en wat nie duur sal kos nie:
Hare
•
•
•
Vir jou punte wat droog is of hare wat droog is en nie maklik groei nie, gaan jy die volgende benodig :
Een avokado.
Druk die avokado fyn en smeer dit op jou droë hare.
Na 30 minute kan jy maar jou hare afspoel.
Pragtige oë
•
Wat jy sal benodig, is een aartappel wat in ronde sirkels gesny is. As jy dit klaargedoen het,
sit op ‘n stoel of lê op ‘n bed en sit die ronde aartappelringe op jou oë vir ongeveer tien minute.
•
Na tien minute kan jy jou gesig afspoel. Die metode moet gereeld gebruik word.
Gesig
•
•
•
•
‘scrub’
Spoel eers jou gesig goed af en haal alle grimering af.
Wat jy sal benodig: klapperolie en bruinsuiker.
Meng ‘n paar druppels klapperolie met ‘n bietjie bruinsuiker wat genoeg vir jou gesig sal wees.
Smeer dit op jou gesig en laat dit vir ongeveer twee tot drie minute aan; daarna was jy jou gesig met
warm water.
Arms
•
•
• en voete
Wat jy vir jou arms en voete sal benodig, sodat dit nie so droog lyk nie, is heuning.
Smeer ‘n bietjie heuning op jou arms en voete waar dit droog is en los dit vir tien minute aan.
Was die heuning dan met louwarm water af.
Vel
Baie van ons het ‘n probleem met rekmerke. Om jou rekmerke te verminder, kan jy die volgende doen:
•
Jy benodig koffiebone en water.
•
Meng dit sodat dit ‘n mengsel maak wat dik is.
•
Vryf dit dan op jou rekmerke vir ongeveer drie tot vyf minute.