Lourier Eerste Uitgawe 2018 LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN 2 met fotos | Page 20

mnr en mej grens ’n Aand in Meksiko Deur Erica Dreyer Skop jou voete terug en ontspan in Meksiko tewyl ons na die mooiste van die mooiste kyk. Meneer en Mejuffrou Grens is ’n geleentheid waar ons die mooiste meisies en mees aantreklike seuns in hulle slenter, semi-formele en formele drag kan bekyk. Hulle het vanjaar hulle goed van hul taak gekwyt. Die seniors het die aand met ’n stylvolle dans op die liedjie Échame La Culpa deur Luis Fonsi en Demi Lovato geopen om ons in die Spaanse bui te sit. Met die tropiese rompies en eksentrieke dansbewegeings het dit nie veel verbeelding gevat nie. Toe begin die juniors, gevolg deur die seniors, in hulle slenterdrag pronk. Met hulle verskyning op die verhoog moes hulle eers gesê het waaroor hulle passievol is en wat hulle slagspreuke is. Dit was lekker om die deelnemers in hulle alledaagse drag te sien - party snaaks en ander liefdevol. Daarna sien ons die leerders, al te spoggerig in hul semi-formele klere. Die meisies, sommige in broekpakke en ander met vloeiende rokkies, het die gehoor se volle aandag behou. Die seuns se kleure het van blou pakke tot ’n swart broek met ’n wit hemp gewissel. Die seniors moes ook elk ’n vraag beantwoord. Dit het verskeie variasies gehad van “Ma, Pa, julle was reg.” tot “Ek dink aan juffrou Dreyer wat LO gee.” Hierdie afdeling het vir ons ’n hele paar keer laat lag. Wanneer ons senior deelnemers in hulle pragtige, blinkende rokke en formele pakke uitstap, weet ons dat ons nou by die formele deel van die aand is waar ons seniors in paartjies opgedeel is en dan ’n dans moet opvoer. Met ’n verskeidenheid van liedjies soos Beauty and the Beast, Time of our lives en Lemoene was hierdie afdeling beslis nie vervelig nie. Wanneer hierdie plesiere klaarmaak, kom die oomblik van waarheid toe ons wenners aangekondig is. Hierdie jaar se pragtige wenners in die senior afdeling is Merisa Oelofse en Pieter Joubert en in die junior afdeling Christa Nagel en Marco Erasmus. ’n Aand van pragtige klere, beeldskone mense, vrolike musiek en lekker geselskap - dit was beslis ’n stylvolle aand om by te woon.