Lourier 2018 - Tweede Uitgawe Lourier Tweede Uitgawe PDF | Page 9

#imagine 2018 Deur Aimee Odendaal #imagine is ‘n geleentheid vir kinders om hulleself in die lewe te vind en as mens te groei. Ons is die imagine generation en deur ons kan daar ver- skille in die lewe gemaak word. So gebruik God ons om te doen wat Hy vir ons in die toekoms beplan. By #imagine ontmoet jy mense wat le- wenslank vriende bly en jy klim ‘n bietjie uit jou gemaksone uit en doen goed wat jy nooit gedink het jy sal doen nie. Dit is ‘n een-in-‘n-leeftyd geleentheid en as jy kan, moet jy die kans neem en die egevoel gevaar. Die volgende kinders het #imagine bygewoon: Nikita Stadler, Anje du Toit, Tjaart Foxcroft, Sherine van Zyl, Dominic Rheeder, Yasmine Dreyer, Aimee Odendaal, Engela Jordaan en Nicki Hammond. Ons is soos klein saadjies wat pas ge- plant is en het daarna uitgesien om te groei. Elke dag wat ons van God geleer het, lofprysing het, incounter- stations bygewoon het en gebid het, het dit ons die krag gegee om te groei. Die krag wat ons gehelp het om die son te sien, was definitief die omgee, die baie lag onder ons en die free milo wat ons by ds. Larry gekry het. Die heel laaste dag by #imagine kon ons sien ons blare is gevorm en ons is almal uitgroeide blommetjies en dat ons nie gaan ophou groei nie. Dit is nou juis ons wat ander saadjies gaan help om te groei en in daardie proses groei ons ook. Die ondervinding gaan nie net oor groei nie. Dit sluit die yskoue stort- water in, die vroegoggend opstanery in die yskoue wind en die gelaggery wat jy myle ver uit die ander tente kan hoor. Dit gaan ook oor die ontmoeting van nuwe vriende as hulle jou help met die tien sakke wat jy vir ‘n naweek se oorslaap saamgebring het, en opblaasmatrasse opblaas in die middel van die nag tensy jy maar tot die volgende oggend wil deur- druk. Grimering opsit in die donker met net die foon se flash light, ‘n draa- itjie in die veld gaan loop, want die toilette is te vuil en skelmpies in die seuns se storte gaan stort omdat die meisiekant se ry al lang rye staan, kan net avontuurlik wees! Gelukkig is daar weer volgende jaar die geentheid om #imagine by te woon en jouself toe te laat om as ‘n kind van God te groei. Miskien kan jy ook die ervaring van ‘n yskoue stort in die vroeë oggendure kry. 8