Lourier 2018 - Tweede Uitgawe Lourier Tweede Uitgawe PDF | Page 4
Matrieks se
herinneringe
Deur Hilde Steyl
Daar kom ‘n tyd
in
elke
matriekleerder se lewe wanneer
ons terugkyk op dinge wat was en
dinge wat nog gaan wees. Ons mis
daardie tye toe huiswerk min was
en elke kind in die klas jou beste
maatjie was. Ongelukkig skiet die
realiteit van hoërskool ons elkeen
in die voet. Dinge begin verander.
Jou beste maatjies word net gewone
vriende en later vreemdelinge, maar
jy ontmoet nuwe mense en so begin
‘n jaar vol verwondering en eindig
dit met trane asook goeie herinner-
inge.
Wie onthou nog die eerste dag
van skool? Ons was ‘n paar weke
‘n verkleurmannetjie, verlore in ‘n
skool wat net groot was omdat ons
nog klein was. Die reuk van Mam-
ma se lipstiffie en die sweet van die
swartsakke wat ons moes dra, hang
nog steeds onder ‘n mens se neus.
Kom ons wees eerlik. Die dae was
tóé moeilik, maar daar is verseker
‘n paar matrieks wat daardie paar
weke weer oor sal doen.
Dit is juis so omdat ons die tye van
3
plakkate teen die mure plak, hand-
tekeninge kry en in verwonder-
ing staar na die groot geboude en
aantreklike matriekseuns asook
die matriekmeisies wat net só
goed in skinny jeans lyk, mis.
Van die Wakkerblyaand, die graad
8-kamp, die Valentynsokkie, die
Presteerders, die graad 10-bal,
toere en alle kattekwaad wat ons
aangevang het, is nou niks meer as
net goeie herinneringe nie.
Deur die jare het ons gegroei. Ons
het nou meer kennis. Ons weet
nou hoe om in die hoërskool te
oorleef. Ek hoop dat elkeen van
julle drome julle sal neem na die
hoeke van julle glimlagte, tot die
hoogste punte van julle hoop, na
die vensters van julle geleenthede
en na die mees spesiale plekke
waar julle harte vrede en liefde sal
vind. Mag julle nuwe lewe sukses-
vol wees.
Hierdie herinneringe is die sleutel,
nie na die verlede nie, maar na die
toekoms.