Lourier 2018 - Tweede Uitgawe Lourier Tweede Uitgawe PDF | Page 11
Waternetwerk-
kompetisie
Deur Hilde Steyl
Een van die grootste probleme in
ons land is water. Waar kan ons
water kry wat skoon en drinkbaar
is asook vir huishoudelike gebruik
aangewend kan word en hoe kan
ons die water na huise bring?
Waterverspreidingstelsels is
belangrik om veilige skoon drink-
water aan mense te voorsien. Die
Suid-Afrikaanse Instituut vir Siv-
iele Ingenieurswese (SAICE) wil
hierdie probleem aan leerders van
graad 10 tot 12 bied sodat hulle ‘n
oplossing kan gee.
Die kompetisie handel oor ‘n wa-
terverspreidingsnetwerk wat ont-
werp moet word om drie liter wa-
ter gelykop tussen drie punte op ‘n
rooster te versprei waar daar wa-
ter, wat deur deur twee pype en
verbindingstukke van verskillende
deursnee, vervoer kan word. Hulle
word dan beoordeel op hoe goed
hulle hierdie taak uitvoer. Die span,
wat uit drie lede bestaan, het ‘n
tydperk van ongeveer ‘n uur om hul
netwerk te beplan, te ontwerp, te
bou en te bedryf.
Dit stel die leerders aan die prak-
tiese toepassing van prosesse wat
hul daaglikse lewens beïnvloed,
bloot. Dit is hoe water by hulle
huise kan kom. Hulle word bewus
gemaak oor hoe ingewikkeld dit
is om so ‘n waterverspreidings-
netwerk te ontwerp en dit dan in
die werklike samelewing by hu-
ishoudings toe te pas.
Die rooster, wat vir die waterver-
spreidingsnetwerk gebruik word,
is op ‘n agtergrond wat die hele
watersiklus met al die groot im-
pakte wat hierdie skaars hulpbron
raak, uitbeeld. Die leerders word
aangemoedig om Wiskunde en
Wetenskap op skool te neem en om
‘n loopbaan as Wetenskap- of
Siviele Ingenieurswese te volg.
Op hierdie manier kan ons verse-
ker dat die lewenskwaliteit van
alle Suid-Afrikaners in die toekoms
beter sal wees.
10