Lourier 2018 - Tweede Uitgawe Lourier Tweede Uitgawe PDF | Page 12
Interact 2018
deur Shannon Opperman
en Nicole Geyser
By die Interact klub is ons nie net
vriende nie. Ons is familie en daarom
glo ons dat wonderwerke wel kan
gebeur.
Onthou om altyd die volgende drie
goed in ag te neem voordat jy iets
doen:
1) Is dit die waarheid?
2) Is dit regverdig teenoor ander?
3)Sal dit nou of later ‘n beter
vriendskap vorm?
Ons doen meer as glo. Ons gee, want
gee, is beter as ontvang. Ons doen ge-
reelde ouetehuisbesoeke en raak baie
lief vir die ooms en tannies. Ons skud
ook elke Dinsdag en Vrydag tydens
register die blikkies. Die geld wat in
die tweede kwartaal opgeneem is, is
aan die St. Bernard’s Hospice se
kopermuntstukprojek gegee. Ons be-
soek ook graag kinderhuise en help
waar ons kan, want twee hande is al-
tyd beter as een. Ons gaan kuier vir
die siek mense in die Frere-Hospitaal
en verkyk ons aan die groot “dorpie”.
Ons is ook lief vir diere en vul graag
hul magies met al die kos wat vir die
DBV geskenk is.
Kom, raak deel in al die omgee en lek-
kerkry!
11
Helpende
Hande