Lourier 2017 LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN 2 | Page 19

d i e le e r d e r SPORT . vir Die . lourier . va n di . e leerd . er Die Hoërskool Grens Atletiekdag deur Erica Dreyer Welkom. Dit is die dag waar jy so rooi brand dat jou vriende vir jou sê: “Tamaties hoort in die yskas!”. Dit is die dag waar jou klere met ’n mengsel van sweet, waterballonne en reën nat word. Die dag waar jou voete voel asof hulle gaan afval, want die teer is so warm, maar dit is nog steeds vet pret. Die Hoërskool Grens Atle- tiekdag! die skool eintlik op die Maandag begin. Wanneer die skole net na die Nuwejaarsdag oopmaak, weet jy dat die atletiekdag om die draai is. Vanjaar kry ons sommer net twee skooldae voor die atletiek begin - nie dat ons leerders kla nie! Dit gee ons ’n ekstra paar dae om ons vir 2017 voor te berei. Ons sal beslis nie die matrieks se eksentrieke uitrustings vergeet nie. Met die swart span se tema as Super Villians en beide die geel en groen span as Super Heroes kan ’n mens net dink wat daar uitgekom het! Jy het jou aan die Joker, Harlet Quinn, Wonder Woman, the Hulk en vele ander verkyk. Dan is daar sommer matrieks wat net hulle eie helde opgemaak het met hulle eie uitrustings - hulle kan mos net so kreatief soos Hollywood wees. Die atletiek het op 13 Januarie by die Jan Smuts stadion plaasgevind en al was die weer nie van die beste nie, het ons met die dag se program aangegaan. Die dag het met die matriekparade begin waar elke kleur span ’n groot ingang maak met ’n kombinasie van musiek, waterballonne en ’n geskreeu om die res van die span aan die gang te kry. Die register volg dan soos elke jaar sodat die onderwysers die “bunkers” - soos die leerders hulle noem - kan uitsnuffel en vastrap wanneer Dan begin die eintlike dag met ’n klomp items. Of jy nou die 1500 m draf of 80 m volspoed hardloop, of gewigstoot, verspring of spiesgooi kies. Ongelukkig is die hekkies en hoogspring gekanseleer. Die aflos - ietems kon ook nie plaasvind nie. Alhoewel ons nie geweet het watter span gewen het nie, het meneer Du Plessis die wenners die volgende Maandag aangekondig. Die Groen span was derde, die swart span tweede en die geel span het met net drie klein puntjies gewen. Al het jou span nie gewen nie of al het jy bloedrooi gebrand of miskien op die baan geval - dit was ’n dag vol pret. 18