Lourier 2017 LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN 2 | Page 20

d i e le e r d e r SPORT Waar staan ons saam? HIER staan ons saam deur Ingrid Huaptfleish Die eerste netbalspan het hierdie jaar aan die Top 14 Skole soos Eldoraine, Kemp- ton Park, , Afrikaans Hoër Meisieskool en Jim Fouché van Bloemfontein het aan dieToernooi in George deelgeneem en hulle het behoorlik die skool se naam hoog gehou. Hulle het oor ‘n tydperk van vier dae nege wedstryde gespeel en hulle is vir hulle harde werk beloon en ontvang ‘n sewende plek in die toernooi. Elke speler het briljante sportsmanskap getoon en die meisies het werklik baie geleer en hulle verbeter beslis na elke wedstryd. Die organiseerders van die toernooi het Charlize Du Preez as die tweede beste hulpdoel naas die hulpdoel van die Afrkaans Hoër Meisieskool aangewys. ‘n Span bestaan uit elke liewe speler; dit maak nie saak of hulle soms ‘dowwe goedjies doen of sê nie’. Die meisies het op hierdie toer geleer om mekaar te res- pekteer, saam te werk, om mekaar te ondersteun en om in hulle Vader te vertrou. Die Sondag nadat ons arriveer het, het die span bietjie by die KKNK gaan gesig wys. Hulle bekende het mense soos Refentse, DZL, Franja en Ruan du Plessis en ook JoBlack ontmoet. Die weer het nie lekker saamgespeel nie , maar dit het nie die meisies gekeer om pret te hê nie. Elke aand is met ‘n paar rondtes Uno af- gesluit. Die speletjie het die meisies gehelp om te onthou dit nie alles gaan om te wen nie, maar dit gaan daaroor dat jy dit moet geniet. Hulle het elke wedstryd met ‘n nuwe lus en passie vir die spel aangepak. Ons kan trots wees op hierdie eerste netbalspan. Hulle afrigters – mejj. Myburgh en Prinsloo - het werklik hulle alles ge- gee om die toer so suksesvol en lekker moontlik te maak. Daar is geen beter span as die span wat weet dat hulle tot enigiets in staat is deur Christus wat vir hulle die krag gee. . vir Die . lourier . va n di . e leerd . er