KULTUUR
. vir die leerder. lourier
. va n d i e
Die
.
. l e e r d e r
Meneer en Mejuffrou Grens 2017 deur Erica Dreyer
Die ligte gaan af; jy hoor die woorde:“ Why this car is automatic, It’ s systematic, It ' s hydromatic, Why it ' s greased lightning.” Die spotlight gaan aan en jy sien die beeldskone meisies en die aantreklike mans wat begin dans. Dan weet jy die konsert het begin.
Die aand begin met’ n dans op die bekende Greased Lightning waaraan al die senior deelnemers met hulle jeans en kleurvolle rompies wat uittol wanneer die sterk mans ons pragtige meisies in die rondte draai, deelneem.
Dan begin die juniors in hulle slenterdrag, gevolg deur die seniors waar ons deelnemers met hulle kleredrag kan uitbeeld wie hulle is en waarvan hulle hou, hulle passies en’ n slagspreuk wat hulle uniek maak.
Die pret begin wanneer die meisies en seuns met hulle semi-formele drag uitkom. Die seniors moes vrae antwoord waar die antwoorde tog te oulik was soos“ My gunstelingkleur is blou, want dis die kleur van my gunsteling Smartie” of“ My wens sal wees dat almal vanaand wenners kan wees”.
Met blink swart rokke,’ n lang koningsblou eenstukbroekpak, blou broeke met dieselfde kleur strikdasse en die klassieke wit hemp met’ n swart das, is die afdeling afgesluit.
Laastens kom die deel waarvoor almal gewag het: die seniors se formele drag-lang rokke wat blink, en swart pakke met dasse van alle kleure. Elke paartjie se dans moes‘ n storie vertel en vanjaar het ons seniors‘ n bietjie buite die boks gedink. Hierdie keer was dit die meisie wat die seun se aandag wou kry of iemand wat met‘ n matriekafskeidplakkaat die meisie na die matriekafskeid vra. Met‘ n verskeideneid liedjies, van Uptown Funk tot Mississippi Isabel, het die kykers beslis nie verveeld geraak nie. Ons seniors is baie oorspronlik met hul idee om die hele saal met bubbles te vul.
Die aand was werklik aangenaam. Al die deelnemers moet net onthou: dit maak nie saak of jy nie gewen het nie, selfs al was jy nie’ n finalis nie jy is pragtig.
JUNIORS SENIORS
17