Lourier 2017 LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN 2 | Page 17
d i e le e r d e r
aktueel
. vir Die
.
lourier
. va
n di
.
e leerd
.
er
SKEDONKE OP REIS NA ‘N BEGIN
Dit is die begin van 'n nuwe skooljaar en die graad agts revHoërskool Grens se gange in. Hulle noem
hulleself skedonke en dra nie een skooltas nie, maar twee! Hulle trek 'n sleepwa saam met hulle rond
en almal skrik wanneer hulle die sleepwa (plastiekbottel op 'n tou) teen die gang se mure hoor kap.
Die skedonke lyk asof hulle vir hulle nuwe fase gereed is. Ons almal is bewus dat 'n mens nie sommer
oornag 'n ware Grensie word nie. Om 'n ware Grensie te wees, moet die graad agts eers aan 'n paar
dinge voldoen.
Die pad na 'n ware Grensie is met ‘n klomp opwindende aktiwiteite gevul. Die jaar het met 'n kamp by
Lekkeroord saam met die leerlingraad afgeskop. Daarna volg 'n prettige sottekonsert asook 'n wak-
kerblyaand met 'n rillende spooktonnel.
Ons glo die graad agts sal vinnig welkom en tuis voel hier by ons by die Hoërskool Grens.
16