Lourier 2017 LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN 2 | Page 16

d i e le e r d e r aktueel KOSHUIS 2017 . vir Die lourier . va n di ‘n Nuwe jaar, nuwe sotte om voor te lag en nuwe mense in ons familie is altyd welkom. Ons is steeds vanjaar op mekaar gefokus en almal help vir almal waar ons kan. Of jy nou in graad 12 is of in graad 8 is: Elkeen is belangrik en uniek. HUIS KRETSENGER: HUIS MARAIS: Marnel Ferreria (gr. 8) Gerda Fourie (gr. 8) Zelna Conradie (gr. 9) Elmé Conradie (matriek) Zoë Croucamp (gr. 8) Anrie Keyser (gr. 8) Kiana Greeff (gr. 11) Danielle Thompson (gr. 11) Tristen Oosthuizen (gr. 8) Tiaan Carelsen (gr. 6) Schalk Rademeyer (gr. 8) Riego Heith (gr. 8) Dillan Pieters (gr. 8) Tarquin Jansen (gr. 7) Xander Greeff (gr. 7) Renaldo Daniels (gr. 9) Lindre Johnson (gr. 11) Henrique Lewis (gr. 9) Brenwill Brect (gr. 7) . Ons het wel baie nuwe mense gekry, maar ons moes ook baie laat gaan. Nie net moes ons vir ons matrieks totsiens sê nie, maar ook vir Michaela Roos wat nou in Grahamstad skool gaan, Charl Scheepers wat die skool verlaat het, Joshua Vermaak wat nie meer deel van ons koshuisfamilie kan wees nie en ook Clinton Bosman wat ons nog elke dag van bo af kyk. Die nuwe mense het vinnig by die koshuislewe aangepas alhoewel daar ‘n paar newbees is wat reeds raas en fisiese kontak het. In die koshuis is daar nie nog tyd vir stry en baklei nie, want dit is nie die moeite werd om met die mense wat altyd daar vir jou is, te stry nie. 2016 IS VERBY. Dit is nou tyd vir 2017 om sy geleentheid te kry en vir ons te wys wat die jaar alles vir ons inhou. Mag ons koshuis - inwoners almal ‘n geseënde, voorspoedige jaar belewe. ’n Nuwe lewe vir VCSV Deur Devandrea van der Sandt GOD IS IN DIE HUIS; ONS SAL VIR JOU WYS. Vanjaar doen die VCSV-leiers dinge anders. Om meer mense te lok, het hulle verskillende belangegroepe geskep waarby die leerders kan aansluit. Hierdie groepe help die leerders om hul gawes te vind en daardeur die evangelie uit te leef en die Here te dien. Die leerders wat daarvan hou om te dans, kan by die happy feet-groep aansluit. Die klim-en- kloutergroep wys hulle skrik nie vir ’n avontuur nie, veral nie met die Here aan hul sy nie. Die reAct-groep beeld die Bybel deur drama uit. Daar is vele meer groepe om van te kies. Dominee Van der Walt is opgewonde oor die jaar wat voorlê en sê: “Ons wil n huislike atmosfeer vir elke leerder skep waarin hulle die Here kan dien.” Deur die belangegroepe wys hulle ook dat ’n mens se geloof meer is as om op Sondae kerk toe te gaan, maar dat dit ook deel van jou leefstyl, is. Waar jy ook al is - of as dit op die sportterrein of op die hoogste berg in die wêreld is - jy kan die Here dien. . e leerd . er