aktueel
. vir die leerder. lourier
. va n d i e
Die
.
. l e e r d e r
Mnr. en mev. Koorsen Hoe sal Meneer liefde beskryf? 1 Korinthiërs 13:4-7 Die liefde is lankmoedig en goedhartig. Die liefde is nie jaloers nie, dit praat nie groot nie, raak nie opgeblase nie, gedra hom nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, raak nie ergerlik nie. Dit hou nie boek van die kwaad nie. Dit is nie bly oor onregverdigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Dit verdra alles, glo alles, hoop alles, verduur alles.
Wat maak Mev. se verhouding met u man uniek? Ons is partners in crime. Om saam te werk, is baie lekker. Baie mense reken hul sal baie baklei as hul saam met hul man of vrou werk, maar dit is eintlik‘ n groot voorreg.
Watter kossoort beskryf mnr. Koorsen se persoonlikheid? Biltong en appels. Daar is die Afrikaner kant en die gesonde kant.
Watter raad het Mnr. vir jong mense wat liefde soek? Wag vir jou man of vrou. Hulle is in jou toekoms. Moenie ingee aan die eise wat die media aan jou stel nie. Psalm 119:9 Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit na U woord te hou. 1 + 1 = 2, net so is daar net plek vir twee mense in‘ n verhouding. Geen ander vriendskap behoort belangriker as jou verhouding / huwelik te wees nie. Jou vrou / man is jou person en best friend forever.
VALENTYNSSOKKIE 2017:
Deur Chané Taylor
Die Valentynsokkie van 2017 was‘ n groot sukses. Nie net het al die leerders soos modelle gelyk nie; daar was ook lekker musiek wat deur die luidspreker geblaas het. Die musiek het vanaf Rooirokbokkie tot Gobisiqolo gevarieer. Die saal was behoorlik aan die brand- ek praat nie van die musiek nie, maar van die vreeslike hitte en bedompigheid. Ten spyte daarvan en die duur snoepiepryse was dit‘ n heerlike aand. Ons bedank die leerlingraad vir hul moeite en ons sien reeds na die volgende sokkie uit!
Skool 101
DEUR ANRICH WEPENER
Jou gids tot‘ n georganiseerde skoollewe
1. Maak drie afskrifte van jou rooster. Een om in jou kamer te sit, een vir jou dagboek en een om in jou kleurbaadjie te hou.
2. Sit al jou klere die vorige aand op n hanger sodat jy alles bymekaar het.
3. Pak al jou boeke in voor jy slaap, want daar is nie tyd in die oggend nie.
4. Stel roosters op van jou daaglikse aktiwiteite bv. wanneer jy studeer en wanneer jy sport beoefen.
5. Maak‘ n lys van alle take wat jy voor skool, tydens skool en na skool moet voltooi.
6. En as jy sukkel om in die Wiskundeklas wakker te bly, pak n energy bar in.