Lourier 2017 LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN 2 | Page 14

d i e le e r d e r aktueel . vir Die lourier . va Valentyn Spesiale Toevoeging Deur Ngcali Ndora Liefde is in die lug by die Hoërskool Grens. Dit is nou tyd om ‘n sneak peek agter die skerms van sommige van ons skool se paartjies te kry. Mnr. en mev. Kruger: Hoe sal Mev. liefde beskryf? Jy kan dit nie beskryf nie; jy voel dit. Wat maak Mev. se verhouding met u man uniek? Die vertroue en kommunikasie tussen ons twee. Ons is al vir 13 jaar saam. Watter kossoort beskryf mnr. Kruger se persoonlikheid? Enige vleis. Vleis is manlik en hy is ‘n regte man. Watter raad het u vir jong mense wat liefde soek? My pa het altyd vir my gesê: “Loop oor ‘n man se hart en nie lippe nie.” Meisies en seuns moet WAG vir die regte een vir hulle. Janalu en Henro Hoe sal jy liefde beskryf? Jesus is liefde. As jy God in jou hart het, het jy oneindige liefde. Wat maak jou en Henro se verhouding uniek? Ons kan letterlik enige iets vir mekaar sê; ons liefde vir mekaar groei elke dag meer. Watter kossoort beskryf Henro se persoonlikheid? ‘n Real deal Steers burger : Hy’s ‘n real deal. Jy kry waarvoor jy betaal het. Hy’s baie lekker. Watter raad het jy vir jong mense wat liefde soek? Wees jy net jouself en straal jou liefde uit waar ook al jy gaan en waar jy liefde sien, gaan daarheen. 13 . n di . e leerd . er