Lourier 2017 LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN 2 | Page 13

d i e le e r d e r ONDERWYSERS DIE HOKKIEBOKKIE VAN die HOËRSKOOL GRENS KRY “DIE RING” . vir Die lourier . va n di . e leerd 5. Het juffrou dalk daardie tipe vraag verwag vir daardie spesifieke dag? Nee, glad nie. Ek het gegaan met die gedagte dat ons net die partytjie sal bywoon. DEUR MARDRICHIA DUNSTAIR Ons doen graag ‘n onderhoud met juffrou Helm, toekomstige mev. Koen. 1. Waar het juffrou die liefde van juffrou se lewe ontmoet? Ons het by ‘n vriend se braai ontmoet. 2. Sou juffrou sê die eerste “date” was uit- stekend of was dit die uitdagendste tyd ooit En waarom? Dit was uitstekend. Ons het koffie by Mugg en Bean gedrink, gesels en daardie twee ure het soos ‘n halfuur gevoel. 3. Waar is juffrou gevra om te trou? By ‘n Kersfeespartytjie wat by ‘n vriend se woning gehou is. 4. Hoe het juffrou gevoel toe die liefde van u lewe met die eerste woord begin? Hy’t nie eintlik iets gesê nie; daar was geen kans vir hom om te praat nie, want die mense het gecheer en ek’t te veel gehuil en kon selfs nie ‘n woord uitkry nie. 12 . 6. Wie was die eerste persoon wat juffrou laat weet het van die verlowing, wan- neer het juffrou die persoon laat weet en waarom daardie spesifieke persoon? My sussie, want sy’t geweet hy gaan my vra om te trou, maar syt self nie geweet wanneer nie. 7. Watter doel wil juffrou graag as ‘n getroude vrou bereik? Om die beste moontlike vrou vir my man te kan wees en die vrou te wees wat die Here vir hom beplan het om te hê. 8. As juffrou iets kon verander van daardie dag: wat sou dit wees? Niks nie, dit was absoluut perfek. 9. wat sal die grootste uitdaging vir juffrou as ‘n getroude vrou wees? Vir my om die lewe rondom my nie te veel op te mors nie en om ‘n balans tussen my, my man en die res van die wêreld te vind. 10. Uit juffrou se ondervinding, watter wenke of advies sou juffrou vir die res van ons oordra? Dat God se tyd perfek is al dink ons nie so nie. . er