Lourier 2017 LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN 2 | Page 11
d i e le e r d e r
ONDERWYSERS
Sterre as onderwysers
. vir Die
.
lourier
. va
n di
.
e leerd
.
er
deur Aimee Odendaal en
Somila Mkonto
Almal dink ons het net doodgewone onderwysers wat ons tyd mors en gratis kopsere
uitdeel. Wat ons almal nie geweet het nie, is dat daar klein stukkies goud in ons
onderwysers lê en partykeer moet die goud uit en baie helder skitter. Dan moet ons
onderwysers hulle goue talente uitleef. Dominee Van der Walt en juffrou Van den Berg het
in Love Play gespeel. Die produksie is ‘n Valentynskaberet wat deur meneer Taljaard, juf-
frou Van den Berg se vorige drama-onderwyser, geskryf is.
Die volgende vrae is vir jufrrou
van den Berg gevra: Die volgende vrae is vir dominee
Van der Walt gevra:
Hoe was dit om weer Juffrou se goue talente
op die verhoog uit te leef?
Dit was vreeslik lekker en ek het dit baie geniet.
Dit is baie belangrik vir enige akteur om die
heeltyd hulle passie uit te oefen. Watter liedjies het Dominee gesing?
Libamo Menjeutamie, Fly me to the moon wat
deur Frank Sinatra gesing is en Time to say
goodbye deur Andrea Bocelli.
Hoe het Dominee die geleentheid gekry om in die
toneelstuk te sing?
Ek ken vir meneer Pieter Taljaard van die
Hoërskool Gonubie, waar ek voorheen skool ge-
hou het, en hy het vir my gevra om deel te neem.
Het Juffrou enige woorde vergeet terwyl
Juffrou op die verhoog was?
Natuurlik! ‘n Mens vergeet maar altyd ‘n paar
woorde, maar gelukkig het niemand iets
agtergekom nie.
Hoe was dit om in ’n produksie saam met juf-
frou Van den Berg te wees?
Baie cool! Juffrou Van den Berg ken haar storie
en is baie goed in wat sy doen.
Hoe was dit om saam met dominee Van der Walt
op die verhoog te wees?
Dit was vreeslik lekker; dit is altyd lekker om
saam met dominee Van der Walt te werk. Hy het
‘n pragtige stem en hy sing mos soos ‘n engel.
Hy kan so ’n bietjie op sy senuwees raak as hy
op die verhoog is, maar verder was dit vreeslik
lekker.
Was dit Dominee se eerste produksie?
Nee, ek was ook verlede jaar saam met Juffrou
in ’n produksie. Ek was vir die afgelope twee jaar
ook deel van die Passion Play, waar ek ook
gesing het!
Was daar enige ongemaklike tonele in die to-
neelstuk?
Ja, daar was. In die Romeo en Juliet toneel waar
meneer McEwan my moes SOEN, was dit ‘n
bietjie ongemaklik omdat hy my twee keer moes
soen, maar ek was baie professioneel. Daar
was nie gevoelens of skaamte nie, maar net ’n
snaakse gevoel omdat ek en meneer McEwan
mekaar al 20 jaar ken en so lank vriende is.
Raad vir toekomstige sangers of jy nou vals
sing of nie:
Gebruik die geleentheid en gee net die eerste
tree om op die verhoog te kom, veral die seuns
wat skaam is!
Het Juffrou enige raad vir opkomende akteurs?
Of jy nou oud of jonk is, seun of meisie: moet
nooit ophou speel nie!
10