Feeskos
Foto van Reuse-pavlova met toffiesous geneem deur Ian du Toit
Dis ’n instelling dat ek elke jaar oor die feestyd my swaar erfstuk-silwerskinkbord belaai met ’n reuse-pavlova wat maklik
12 mense se poedingbakkies vol maak. Dit word rojaal bedek met aarbeie, bloubessies en tuisgemaakte sout toffiesous
wat tranerig teen die kante afdrup, en goeie (gekoopte) vanieljeroomys. Ek bak die pavlova die vorige aand, wat my
hande losmaak vir die volgende oggend se groot kook. Dan hoef ons net die bessies op te sit, room te klits en toffi \