Een van my gunsteling-lamsboudresepte vir
’n familiefees in die vakansie. Dis ’n eg lande
like Griekse vleisgereg vol simboliek van
herontmoetings wat warm of teen kamer
temperatuur opgedis kan word. Jy hoef nie ’n
styselgereg by te maak nie, want die boud rus
op ’n bed van aartappels en uie. Die kruie en
suurlemoensmake proe behoorlik na sonskyn.
Lewer vier porsies.
1,5 kg lams- of skaapboud
2 heel knoffelbolle, huisies geskil
2 uie, grof gekap
60 ml (¼ k) olyfolie
sout en peper
2 suurlemoene
1 takkie tiemie
1 takkie roosmaryn
1 lourierblaar
1,5 kg aartappels, geskil en in groot stukke gesny
2 groot tamaties, in kwarte gesny
30 ml (2 E) botter (opsioneel)
28 kykNET | UITGAWE 3 | 2015
Verhit oond tot 180 °C. Maak kepies in vleis en druk ’n knoffel
huisie in elkeen. Plaas uie op bodem van ’n oondpan en sprinkel
’n bietjie olyfolie oor. Geur vleis met sout en peper en plaas bo-op
uie. Sprinkel sap van 1 suurlemoen oor en voeg tiemie, roosmaryn
en lourierblaar by. Giet 20 ml van olyfolie en 200 ml water oor. Bak in
oond vir sowat 40 minute. Plaas gesnyde aartappel in ’n bak met
res van olyfolie en suurlemoensap en meng deur. Voeg aartappels
by vleis saam met nog 200 ml water en bak nog 20 minute. Pak
tamaties by aartappels in oondpan en stip met botter. Bak tot vleis
gaar en aartappels sag is.
Foto van Mediterreense lamsboud geneem deur Samarie Smith
Foto verskaf deur www.inimage.com
Feeskos