Op 19 September 2015 het Skou
spel ’n
splinternuwe baadjie aangetrek, en onder
die baniere van kykNET, Big Concerts en
Huisgenoot is SuperSkouspel gebore.
Hemelbesem in een van Super
Skouspel se hoendervleis-oomblikke
Opgewonde musiekliefhebbers het reeds
vroeg die oggend om die FNB-stadion
begin saamdrom en almal het geweet:
Hier is iets besonders op pad.
Die Springbokke se Wêreldbekerwedstryd
teen Japan is voor die konsert op groot
skerms in die stadion gewys. Die neder
laag het dalk ’n effense demper op die
atmosfeer in die stadion geplaas, maar dit
was net tydelik.
Die afskop van die konsert was niks min
der as asemrowend nie. Die kunstenaars is
in kleur en fleur aan die juigende gehoor
bekend gestel, onder andere Kurt Dar
ren, Hemelbesem, Die Heuwels Fantasties,
Freshlyground en natuurlik die Britse sen
sasie Susan Boyle – spesiaal ingevoer vir die
geleentheid.
Toe die konsert begin, het die tem
pe
ratuur buite vinnig begin daal en daar
was ’n koue luggie, maar die musiek op
die verhoog was vuurwarm.
Waar’s dit lekker Hier’s dit lekker! Emo Adams
vermaak die skare by SuperSkouspel
30 kykNET | UITGAWE 3 | 2015
Zolani Mahola van Freshlyground
Foto's geneem deur Martin Oberholzer | Illustrasie verskaf deur www.freepik.com
Binne die stadion was dit ’n miernes van
bedrywighede. Op die verhoog is die klank
vir oulaas getoets, en in die kleedkamers
was elke kunstenaar besig om die vere reg
te skud vir die vertoning.