Megaboere
Wynand by sy vennoot,
Christelle Parrott
Hoe het jy aan die konsep vir die program gekom?
So een, twee keer per jaar moet vervaardigers voorstelle
by uitsaaiers indien. Landbou, kosverskaffing en grond
hervorming is tans omstrede onderwerpe en dus was dit
amper logies om met ’n program met landbou as tema
vorendag te kom. Ons het eers gedink ons moet na jong
boere kyk, maar ’n dinkskrum is mos ’n snaakse ding en
voor ons dit besef het, is die konsep gebore.
Ek en my vennoot, Christelle Parrott, het voorheen albei
vir Agri TV gewerk en het albei familiebande met boere –
haar hele familie boer en sy woon op ’n plaas. Ons het ook
gesien Piet Croucamp het geskryf dat 20% van die land
se boere 80% van die land se voedsel verskaf. Ons het
later vasgestel dis internasionaal ’n normale syfer, maar in
daardie stadium het dit my verbeelding aangegryp.
Die woord “megaboer” het intussen lêplek in die volksmond
gekry en ons dink die program maak ’n verskil. Ons wou
boere wys soos hulle regtig is en nie as agtergrond vir treurige,
geskiedkundige TV-stories of rolprente of as eensames wat
lewensmaats soek nie.
Wat kan mense van die nuwe reeks verwag?
Megaboere II gaan op die eerste voortbou en landbouers
wys op ’n skaal wat nog nie voorheen gesien is nie.
Ons is nou gesout in die produksie en weet min of meer
wat om te verwag. Piet het voorgestel dat ons ook op
landboutegnologie fokus. Boere moet van tegnologie
gebruik maak om vandag doeltreffend te wees. Dit is
verbysterend om te sien wat alles vandag ingespan word
om suksesvol te wees en om uitdagings die hoof te bied.
Suksesvolle boere is nie bang vir nuwe dinge nie, inteendeel.
Ons gaan ook ’n draai in Namibië maak, en dan is daar ’n
handvol boere wat suksesvol is al het die geskiedenis hulle
24 kykNET | UITGAWE 3 | 2015
Die regisseur besig
agter die skerms
nie goed behandel nie. Suid-Afrikaanse boere is nie net wit
en Afrikaans nie. Die nuwe reeks gaan die kyker se asem
wegslaan.
Hoekom dink jy is die reeks so gewild?
Die dramaturg Saartjie Botha het oor die reeks gesê
mense hou van helde en ek dink sy is reg. Megaboere
is helde. Hulle is suksesvolle internasionale sakemanne
ten spyte daarvan dat hulle met allerhande onredelike
druk sit. Hulle hou vol met hul taak as voedselverskaffers.
Hulle verdra die wispe \