Megaboere
Dit is maklik om onder die indruk te
kom dat die megaboere van SuidAfrika die groot visse gaan soek
deur stroomop te swem. Daar is ’n
wederstrewige pioniersgees onder
hulle wat herinner aan die teorie
van Charles Darwin dat dit nie die
sterkste of die slimste spesie is wat
uiteindelik oorleef nie, maar eerder
die een wat die beste sal aanpas by
veranderende omstandighede.
Saam met Pieter du Toit
in ’n appelboord
twyfel oor hoe sy die groter prentjie
sien nie. Pieter du Toit, ’n vrugteboer
van Ceres, se menslikheid tref jou,
maar hy hou ook nooit op om die
komplekse legkaart van sy familie se
enorme onderneming te verpak nie.
Jean Engelbrecht het ’n ysere wil
en hardgebakte drif vir die gehalte
Piet en Jean Engelbrecht
deel ’n grappie
Kobus Hendriks
Francis Visagie
het met sy nederige natuur en vermoë
om in die dorre Boesmanland ’n
godswonder te maak staan, uiteindelik
’n mylpaal vir die program geword.
Die wildboer Piet du Toit is ’n bewys
dat dinamies wees en wetenskaplik
Piet du Toit
Louis de Kock
dink deel van ’n uiters medemenslike
ingesteldheid kan wees en ditto vir
die landbou-ingenieur Louis de Kock.
Kobie Fourie ken niks anders as sy sin
vir die groter en dinamieser projek nie.
By die Van Loveren-neefs
van ’n volronde leefstyl en Kobus
Hendriks onderskei nie werklik tussen
die wetenskap en sy liefde vir boer nie.
Die Retief-neefs van Van Loveren is
superbemarkers en Francis Visagie
Kobie Fourie
Aanpasbaarheid is waarskynlik die
belangrikste eienskap indien jy die
risiko’s wil loop wat groot entrepreneurs
noodwendig uiteindelik as deel van
’n normale dag beskou. Al 13 mega
boere in die eerste reeks het dus ’n
ontsaglike aptyt vir risiko, maar hul
teenwoordigheid in die landbou is oor
generasies heen gekondisioneer met
’n “geheue van aanpasbaarheid”.
’n Verdere uitsonderlike kenmerk van
die eerste reeks was hoe dikwels die
sukses van die megaboere berus op die
vertrouensverhoudings wat tipies is van
’n uitgebreide familie. Oor generasies
heen bind ’n wedersydse afhanklikheid
en bloedbelang oën
skyn
lik onver
soenbare persoonlikhede saam – soms
deur die diepste stormwaters. Die
diversiteit binne ’n enkele familie wat
byna organies ontstaan ter wille van
die uiteenlopende eise van die projek,
is verstommend.
Ek vermoed die familieplaas-konsep
sal mettertyd uit die landbou-ekonomie
verdwyn, bloot omdat ’n boer wat
nie primêr ’n entrepreneur is nie, een
voudig nie ’n oorlewingsvermoë het in
die mededingende mark-ekonomie
nie. Daar is seker nie meer as 40 werk
like megaboere in Suid-Afrika nie, maar
daar is ongeveer 8 000 boere wat die
beginsels van skaal-ekonomie in hul
ondernemings toepas. Ek kan nie sien
dat daar oor 20 jaar meer as 20 000
groot kommersiële boere in hierdie
land oor sal wees nie. Maar dié wat
oorbly, sal meer produseer as nou,
op ’n baie groter skaal, en met uiters
moderne meganika en tegnologie.
Die verhouding tussen die megaboer
en die historiese konsep van ’n plaas
werker word reeds vervang deur ’n
meer professionele, bestuursgerigte
verhouding. Uiteindelik sal ongeskoolde
arbeid ’n uiters geringe verskynsel in
die landbou-ekonomie wees.
Die momentum het reeds begin
opbou vir die 13 programme van die
tweede reeks. Die vervaardigers het
’n paar van die nuwe idees met my
gedeel wat hulle intussen bedink het,
en terwyl ons nie die megaboere
beter kan laat lyk as wat hulle reeds is
nie, gaan hulle beslis beter ingekleur
word met nuwe tegnologie en ook
’n meer ervare aanbieder.
2015 | UITGAWE 3 | kykNET 23