Megaboere
Ek sou oneerlik wees as ek nie erken dit het my ook
effens onkant betrap nie. Ek het die name van die
meeste van die 13 boere wat vir die eerste reeks gekies
is, iewers in landboutydskrifte opgemerk, maar ek het nie
juis ’n persoonlike ervaring gehad wat my sou voorberei
op ’n nadere kennismaking nie. Daar is uiteraard nog
baie ander ewe dinamiese landbouers in Suid-Afrika
en die keuse van die eerste 13 was beslis nie maklik
nie. Gelukkig het die regisseur, Wynand Dreyer, en die
vervaardiger, Christelle Parrott, se natuurlike instinkte die
logiese keuses vir ’n eerste reeks laat uitstyg.
Piet Croucamp (middel) in
’n sojaboonland saam met
Kallie Schoeman
Piet Karsten is ’n megamens wat
deur niks van koers gedryf word nie
en BP Greyling se teenwoordigheid
staan ’n wolskuur vol.
Die kernwoorde was mega en diversiteit, maar persoon
likhede kies dikwels hulself. Uiteindelik was die vraag nie
wie om te kies nie, maar wie om vir eers uit te laat – en
dit was ’n bloedige gesprek. Genadiglik is daar nou ’n
tweede reeks en ons kry nog ’n kans om te stry oor wie
in is en wie nie. Die kykers sal gou besef die volgende
13 boere steek hoegenaamd nie af by dié wat in die
eerste reeks verskyn het nie.
Dit was ’n taamlike kopskuif om met selfvertroue te
kon praat met entrepreneurs wat op ’n internasionale
verhoog die skaakspel van groot besigheid speel. Die
groot gelykmaker bly maar die kamera – die meeste
boere het ’n komplekser verhouding met die kamera as
met die onderhoudvoerder gehad. Dit was eintlik lekker
komies om te sien hoe die teenwoordigheid van die lens
sommige boere swaar laat asemhaal.
22 kykNET | UITGAWE 3 | 2015
Tussen die dadelpalms
met Piet Karsten
By BP Greyling
Piet en Charl Senekal
Charl Senekal se aardsheid kan jou
maklik flous, maar hy is die meester
van risiko-bestuur. Estelle van Reenen
gebruik nie intimidasie in haar verhou
dingsbestuur nie, maar niemand
Estelle van Reenen wys
haar wêreld vir Piet
Foto verskaf deur www.inimage.com
Mense wat die Megaboere-program gekyk het, sê
dikwels vir my hulle was nog altyd totaal onbewus van
die ontsaglike omvang en kompleksiteit van landbou in
Suid-Afrika. Die skaal, entrepreneurskap en innovasie in
die bedryf is inderdaad vergelykbaar met die beste ter
wêreld.
Kallie Schoeman is ’n weerbarstige karakter wat maklik ’n
situasie teen jou kan laat boemerang met sy onversadigbare
behoefte aan humor.