kykNET Uitgawe 3 - 2015 | Page 21

Sterlopers Op die foto’s hierby is Jenna in tonele uit Bloedbroers en Sterlopers Wat is die waardevolste raad wat jou pa en ma, Wilson Dunster en Elize Cawood, jou oor die vermaakbedryf gegee het? Geniet jy rolle in his­to­riese reekse soos Bloed­broers? Ja, dis vir my die lekkerste ding. Jy kan navorsing doen oor ’n tydperk wat jy nie ken nie en jou kennis verbreed. Ek hou ook baie van die kostuums. Foto's van Bloedbroers geneem deur Adam Bentel Jou rol in Bloedbroers is baie uitdagend. Was dit moelik om te speel? Elke rol is moeilik op sy eie manier, maar hierdie karakter gaan werklik deur diep water. Dis ’n rol wat maklik oorspeel kan word en dan sou dit nie gewerk het nie. Dit was ’n uitdaging, maar ongelooflik. Ek het elke oomblik ge-love! Wat kan kykers van die tweede reeks van Sterlopers verwag? ’n Bietjie hartseer, meer intrige, hopelik empatie met die karakters en beslis meer seksuele spanning as in die eerste reeks. Om altyd eerlik as aktrise en as mens te wees. Dis noodsaaklik as jy vir jouself werk soos ek. Jy en jou medevervaardigers het van­­ jaar die toekenning vir beste be­staande kortfilm gewen vir Dearest Elle, waarin jy ook die hoofrol speel. Wat beteken die kykNET Silwerskermfees vir jong film­ makers? Alles. Dit gee vir ons ’n platform om ons werk te wys, om daaroor te praat, te sê wat stories vertel vir ons beteken en wat reg en verkeerd is in die bedryf. Ook die kans om dalk nuwe projekte te kry en nuwe stories te vertel. Is daar al nuwe projekte vir die volgende kykNET Silwerskermfees in die pyplyn? Ja, ons het al op die vliegtuig op pad terug begin skryf. Het jy enige verskuilde talente? Ek kan baie hard en lank fluit. My pa het my geleer. Dit was ’n obsessie om dit te kan doen en toe ek dit eindelik regkry, was ek baie trots. Is daar iets wat jy glad nie kan doen nie? My balans is nie goed nie en daarom kan ek nie goed klim nie. Ek sal by­ voorbeeld nooit probeer om in die middel van die nag oor ’n hoë muur te klim nie. Wie is jou ideale romantiese held? Michael Pitt soos in die fliek I Origins. Iemand wat so slim en passievol is, is vir my baie aantreklik. Wie sou jy kies, afgesien van jou eie ma, om die rol van jou ma te speel? Frances McDormand. Ek sal wat wou gee om saam met haar te werk. Soesji of braaivleis? Soesji. Ek is ’n vegetariër. Wat is jou voornemens vir 2016? Ek wil baie meer van ons land sien en baie meer skryf. Ek het geen projekte in die vooruitsig nie, maar ek gaan vir niemand wag nie en vir myself werk skep. 2015 | UITGAWE 3 | kykNET 21