kykNET Uitgawe 3 - 2015 | Page 20

Neels van Jaarsveld Watter rol sou jy graag wou speel voor­­­dat jy die tydelike met die ewige verwissel? Almal. Wie is van die beste regisseurs met wie jy al saamgewerk het? Marthinus Basson. Jaco Bouwer. Henry Mylne. Jozua Malherbe. Hulle verstaan waaroor dit gaan en werk altyd met ’n plan. Deeglik. Intelligent. Wêreldklas. Die teater, of film en TV? Almal. Irriteer dit jou om bekend te wees? Raak jy nie moeg van die­ selfde ou klet­spraatjies met fans nie? Is dit nie beter om maar voort te ploeter in anonimiteit nie, soos Karel Schoeman? Wie is Karel Schoeman? Hehe. Fans is belangrik. Ook hoe jy hulle behandel. Dis deel van die pakkie. Almal doen wat hulle moet. My werk is om mense te vermaak. Dis nuttig as hulle van jou hou. Op ’n persoonlike vlak, iets ligs: Wat is jou geliefkoosde kos? Steak met Jimmy’s-sous. J&M Famous Bil­tong. Slender Won­ der se proteïenstafies. Behalwe gholf, wat doen jy vir ontspan­ning? Kyk sport. Reis. Lees. Reis jy baie na die buiteland en waar­heen? Ek reis baie in Suid-Afrika. Verkieslik waar daar gholfbane is. Fancourt, Parys, St. Francis Links, Erinvale, Atlantic Beach. Ook mal oor Buffelsbaai en die Kruger. Ek het ook tyddeel by Mjejane-wild­ reser­ vaat in Mpumalanga. En ek wil graag meer betrokke raak by natuur­bewaring. Hopelik kan ons volgende jaar oorsee gaan. Met watter internasionale akteur en regisseur sou jy graag wou saam­werk, en hoekom? Tim Burton. Robert Downey Jr. Hulle is uniek en fantasties. Ek het ook groot re­spek vir hoe Robert dit reggekry het om ’n positiewe metamorfose te ondergaan. Wat is die sin van toneelspel? Hoekom doen mense dit en hoekom wil mense dit sien? Ek weet nie of daar ’n antwoord is nie. Dis baie persoonlik, maar tog ook nie, want dit het die moontlikheid om so baie mense te bereik en te raak. Soos Jan Rabie gesê het, “aanhou beweeg en geraas maak”. Ek speel voluit toneel, leef algeheel en wil eintlik net hê dat almal uiteindelik geluk en vrede sal vind. Wie weet, miskien kry ek dit reg om iemand na ’n ander wêreld te laat ontsnap. Sy gedagtes gedeeltelik tog positief te beheer en hom die geleentheid te gun om ten volle vry te wees van enige aspekte wat hom kwel. Al is dit net vir ’n oomblik. Watter tipe mense is jou vriende? As jy nie ’n akteur was nie, wat anders sou jy graag wou gedoen het? Professionele gholfspeler. In watter stadium van jou lewe was jy op jou gelukkigste? Nou. Ten laaste, as jy weer oor kon begin met jou lewe, sou jy . . . Ek het hier en daar ’n paar dinge seker verkeerd hanteer, maar dis als deel van wie en wat jy is. Dis ongelukkig hoe ’n mens leer. (Die R150 000 wat ek aan my sogenaamde vriend geleen en nooit teruggekry het nie, sou nou wel handig te pas gekom het vir daai huurpaaiement.) Maar dis die lewe. Dis ’n konstante toets, maar die sleutel is om seker te maak die positiewe oorrompel die negatiewe. Dan is die lewe eintlik regtig wonderlik. Klik hier vir 'n lok