kykNET Uitgawe 3 - 2015 | Page 19

“Hy verras ook telkens en verval nie in clichés nie. Ook die feit dat hy totaal onselfbewus voor ’n kamera is, is prysenswaardig. Hy is een van die weinige akteurs wat ’n karakter wórd en hom nie spéél nie. Waar ’n mens nie bewus is van iemand wat toneelspeel nie, maar wat sonder moeite onder ’n karakter se vel inkruip en deel van sy DNS word en hom begryp en sonder fieterjasies uitbeeld – soos sy uitstekende vertolking in ’n Man soos My Pa bewys." Neels, hoe staan sake in jou lewe? Is jy gelukkig? Staan jy al midlife crisis se kant toe, of nie juis nie? Dit gaan voor die wind. Ek is betrokke by stimulerende projekte, het ’n fan­ tastiese nooi en my gemoed is goed. Ek is gelukkig met myself, in myself. Nee wat, ek dink ek het die middeljare om die bos gelei. Jy is omtrent in alles op die oomblik. Eers Getroud met Rugby en nou Bloedbroers. Jy is ook in Sweisbril (’n kort­film), ’n Man soos My Pa en Die Pro. Jy werk aan ’n fliek, watter een is dit? Waaroor gaan dit? Ja, dit gaan baie goed. Ek kan myself gelukkig ag. Iemand doer bo sorg vir my. Dit is en was ’n wonderlike jaar tot dusver. Ek het onlangs klaar­ gemaak met die fliek Finders Keepers – ’n aksiekomedie met skop. Ek werk aan Sonskyn Beperk – ’n romkom met hart. Tussen­ deur toer ek met my eenmanvertoning Innie Rof, wat by Aardklop te sien was en hopelik by al die ander feeste gaan speel. Belangstellendes kan my by [email protected] kontak as hulle Innie Rof by hulle wil laat opvoer. Hoe kry jy dit reg om aan so baie verskillende goed te werk? Raak jou energievlakke nie uitgeput nie en raak jy nie moeg van rondspring van een karakter na die ander nie? Dis belangrik om gefokus te bly, maar net so belangrik om af te skakel as jy die geleentheid kry. Ek wil soveel variasie in my karak­ters skep as moontlik; be­ wys dat enigiets moontlik is en geen karakter onbereikbaar is nie. Ek voel ek het later in my loopbaan baie fyner begin werk. Slimmer. Meer sorgvuldig. Z