seisoen meer omvangryk word en sy ook
gekonfronteer word met kwessies wat veel
groter is as syself.
“Vir my is dié rol regtig ’n loopbaan-
hoogtepunt wat my die geleentheid bied
om my impulsbeheer, wat klaar nie wat-
wonders is nie, in die geheel te laat vaar.
As akteur laat Hanli my toe om te vóél
– onbeskaamd en selfsugtig – sonder om
enige emosies te sensor. Die karakter gaan
redelik ongesofistikeerd deur die lewe:
Haar filters werk nie, sy het selde agendas
en sy sê en doen wat die meeste mense
dalk dink, maar te gesosialiseer is om te
doen. Hierdie byna kinderlikheid stel haar
natuurlik ook oop vir seerkry.
“Uiteindelik glo ek die karakter se
gewildheid, veral onder vroue, gaan nie
net oor die feit dat hulle identifiseer met
haar lewe as middeljarige huisvrou wie
se kinders die huis verlaat het nie, maar
ook omdat sy so ongeïnhibeerd daarmee
omgaan – iets wat die meeste mense nie
beskore is nie,” sê Nicole. “Verder dink
ek kykers vind aanklank by Die Boekklub
omdat dit normale stories oor normale
mense is, maar binne ’n wêreld waar
magic steeds moontlik is. In dié opsig bied
dit die herkenning van real life, maar ook
die ontvlugting van feëverhale.”
Televisiewerk is deesdae verbasend
lekker, erken Nicole, wat ’n stuk of 15 jaar
gelede ná die M-Net-reeks Known Gods
gekla het hoe “frustrerend” dit is omdat
die akteurs so min beheer oor die eind-
produk het. “Iemand
het dit anderdag
baie mooi gestel: Televisiewerk is ’n reeks
kompromieë tussen ’n magdom partye. Ek
sukkel in die algemeen met kompromieë,
maar glo regtig ek het al baie verbeter
sedert ek 15 jaar gelede Octavia in Known
Gods gespeel het. Ek weet nou dat elke
nuwe projek ’n geleentheid is om iets te
leer. Die afwesigheid van ’n onmiddellike
gehoor sal my altyd pla, maar ek besef nou
dis my eie neediness en ek moet eenvoudig
daaroor kom!”
‘As akteur laat Hanli
my toe om te vóél
– onbeskaamd en
selfsugtig – sonder om
enige emosies
te sensor.’
NICOLE BLY BESIG – báie besig. Be-
halwe Die Boekklub het sy vanjaar gesig
gewys in Die Boland Moorde, en op die
Woordfees-verhoog was sy te sien in
die Anglo-Boereoorlog-kabaret Hensop!
en Piekniek by Mpande née Dingaan,
wat vandeesmaand by die Vrystaatse
kunstefees en later vanjaar by Aardklop
opgevoer word.
Haar voorbereiding vir ’n rol wissel
geweldig. “In sommige stukke is my rol
net funksioneel, en dan verg my voor
bereiding en proses om deeglik na die
Van links Nicole op die verhoog as Sus in Marlene van Niekerk se stuk Die Kortstondige Raklewe van
Anastasia W; By haar seuns, Rossouw en Wouter; Saam met Anrich Herbst in Die Boekklub.
regisseur te luister. In ander stukke bepaal
die soort karakter wat geskep word, weer
die rigting waarin die stuk beweeg en dan
het jy as akteur meer outonomie.
“Gewoonlik lees ek die teks vinnig deur
en los dit. Ek het ’n geweldige geloof in
my brein se vermoë om die werk vir my
te doen, amper in my afwesigheid, soos as
ek slaap. Ek los dus die teks en speel in my
gedagtes rond met enige idees wat hulle
aanmeld. Ná ’n paar dae sal ek teruggaan
na die teks, meer navorsing doen, en as
die repetisies begin, kry jy nóg nuwe inlig-
ting deur die regisseur en ander spelers.
Basies kom alles neer op droom en speel.
Wie sal nou nié van so ’n werk hou nie?”
Asof droom en speel nie genoeg is
nie, is Nicole die afgelope nege jaar ook
’n deeltydse spel- en spraaklektor by die
Universiteit van Stellenbosch, en haar en
haar lewensmaat, Dirk Cilliers, se vyfjarige
tweelingseuns, Wouter en Rossouw, gaan
sowaar volgende jaar al skool toe.
“Vyf is aan my beskryf as die goue
jare, en dit is regtig waar: Ons kinders is
ouliker en ongeloofliker as wat ek gedink
het moontlik kan wees. Ek onthou so
goed toe hulle nog babas was, het Dirk
eendag vir my gevra: ‘Nou