NICOLE
#DieBoekklub
10
As dit by gedaanteverwisselings kom, kan min akteurs kers vashou by Nicole Holm,
wat in die tweede reeks van Die Boekklub én as gesoute verhoog- en TV-akteur, sanger,
dosent en ma van ’n tweeling aan elke rol ’n vars veelkantigheid verleen.
D
8
rie jaar gelede was Nicole
Holm behoorlik keelvol vir die
TV- en teaterbedryf. Die Stel-
lenbosser se batterye was pap,
haar beursie nóg papper en die gedagte
om ter wille van sekuriteit ’n voltydse
sepierol in Johannesburg te aanvaar net te
ondraaglik vir woorde.
Al kon sy haar nog nooit ’n lewe sonder
die verhoog voorstel nie, het ’n gans ander
romantiese prentjie in haar agterkop
vorm aangeneem: Sy gaan ’n sielkundige
kykNET | JULIE 2017
DEUR JOHAN VAN ZYL
word, ’n praktyk uit haar huis bedryf en
twee keer per jaar suiwer vir die lekker in
’n toneelstuk speel.
Nou ja, só val die helde en drome,
maar gelukkig staan party weer op en
kom tot hulle sinne: Nicole het vanjaar
haar M.-graad in drama cum laude aan
die Universiteit van Stellenbosch ver
werf (oor moedermoord à la Medea). En,
lag sy, al droom sy nog oor Plan B (sy is
inderdaad besig met ’n “uiters fassine
rende” honneursgraad in sielkunde deur
Unisa), is haar huidige punte nie naas-
tenby van die stoffasie wat ’n tweede loop-
baan as sielkundige sal moontlik maak
nie... (Ons slaak ’n sug van verligting.)
Vandeesmaand is Nicole terug op die
kassie in kykNET se trefferreeks Die
Boekklub waarin sy die rol speel van Hanli
Oberholzer, ’n middeljarige tuisteskepper
wat voel haar man skeep haar af en nie-
mand sien haar raak nie. Nicole meen
Hanli het in die eerste reeks haarself beter
leer ken, terwyl haar wêreld in die tweede