#DieBoekklub
DE KLERK OELOFSE
DIE BOEKKLUB II
Wat jy moet weet
Louis Pretorius, wat saam met Albert Snyman nie net
’n ATKV-Mediaveertjie nie, maar ook ’n Safta-toekenning gewen
het vir hulle draaiboek van Die Boekklub, vertel meer oor
die tweede reeks wat op 11 Julie begin.
DIE STORIE TOT DUSVER
TOM (Armand Aucamp) Tom erf sy
ouma se gastehuis op Merweville. Hy
moet vir ’n jaar bly of hy verbeur sy erf-
porsie. In sy jaar op Merweville raak hy
betrokke by sy ouma se boekklub en ont-
moet ook vir Lillie, Anna Uys se kleindog-
ter, iemand met ’n moeilike verlede. Hulle
raak verlief, maar hulle verhouding bereik
’n breekpunt wanneer sy ontdek waaroor
sy boek gaan. Uiteindelik versoen hulle op
die aand van haar vertrek na Parys. Aan
die einde van die eerste seisoen keer Tom
terug na Merweville om vir Lillie te wag.
LILLIE (Christia Visser) Lillie kom
herstel by haar ouma nadat sy in Rome
verkrag is. Sy neem foto’s en sluit by die
boekklub aan. Sy ontmoet Tom eendag
wanneer sy kaalfoto’s in die veld neem.
ANNA (Jana Cilliers) Sy is die plaaslike
kruiedokter. Sy dra ’n geheim met haar
saam: Sy’t ’n genetiese harttoestand en
het ’n jaar oor om te lewe. Terwyl sy
naarstiglik probeer om almal om haar
te red stort sy ineen. Sy kry ’n nuwe hart
en maak vrede met die feit dat iemand
anders gesterf het sodat sy kan oorleef.
ARMAND AUCAMP
Hulle begin later ’n verhouding, al hou
sy aan die begin nie veel van hom nie.
Aan die einde van die eerste reeks kry sy
’n geleentheid om Parys toe te gaan.
SOPHIA (June van Merch) As haar ven-
noot, Bettie Niemand, skielik sterf, erf sy
saam met Tom die gastehuis. Sy beskou
dit as haar plig om hom pak te gee tot hy
luister. Aan die begin sukkel sy en Tom
om mekaar te vind, maar hulle word
uiteindelik soos ma en seun. Haar hart
oorleef byna nie wanneer Tom Merweville
verlaat nie, maar gelukkig keer hy terug.
HANLI (Nicole Holm) Hanli is op die
oog af stralend gelukkig, maar haar en
haar man, Johan (Anrich Herbst), se
JUNE VAN MERCH
JANA CILLIERS
STIAN BAM
10
kykNET | JULIE 2017