Vir meer
’n wulpse verpleegster ontmoet. Hy
inligting gaan
en Petro raak dolverlief en maak
na kyknet.tv
planne om saam Kanada toe te gaan.
Sy besef egter hy is nie oor die dood
van sy vrou nie en aan die einde vertrek
hy alleen Kanada toe.
WAARNA KAN JY UITSIEN?
ANRICH HERBST
NICOLE HOLM
KARLI HEINE
verhouding begin stadig krake wys.
Hulle gaan deur diep waters en sy
oorweeg selfs ’n affair, maar uiteindelik
vind hulle mekaar en hernu hulle huwe-
liksbeloftes. Op dié dag vind sy uit sy
is swanger, en sy en Johan moet vrede
maak met die feit dat hulle weer ’n kind
gaan grootmaak.
HERMAN (Arno Marais) Herman
ontmoet vir Altus (Louw Venter), Tom
se beste vriend, en deur hom erken hy
uiteindelik wat hy nog altyd geweet het:
Hy is gay. Dit lei tot die verbrokkeling
van sy verhouding met sy pa (Chris van
Niekerk), maar deur Anna en Altus se
hulp raak hulle tog versoen. Aan die
einde deel hy en Altus ’n eerste soen
en neem Herman die eerste tree tot vol-
waardige menswees.
GERWIN (Lee-Ann van Rooi) Gerwin
doen haar bes om die kinders in die
distrik op te voed. Deur een van haar
projekte ontmoet sy vir André (Luka
Geldenhuys), ’n hardkoppige seun. Hy
kruip egter diep in haar hart in, en as sy
ma tronk toe gaan, neem sy hom aan.
Gerwin ontwikkel ’n hegte vriendskap
met Tom.
GERT (Paul du Toit) Gert rou oor
sy vrou, wat ’n jaar tevore aan kanker
oorlede is. Dinge verander egter as hy
• In die tweede reeks moet Tom die finale
treë tot volwassenheid neem en uiteinde-
lik leer dat hoop en die werklikhede van
die lewe nie altyd dieselfde ding is nie.
• Gerwin moet ’n balans vind tussen
haar begeerte om ’n verskil te maak in
die gemeenskap, die grootmaak van haar
seun en haar liefdeslewe. Want as Gerwin
eerlik is met haarself, is sy soms alleen.
• Sophia en haar hanslamseun sit stééds
vas oor elke moontlike ding, maar hulle is
selfs nóg nader aanmekaar. Dit gaan klop-
disselboom met haar Tobias (Cedwyn
Joel)... tot sy eendag onraad vermoed.
• Hanli word ’n derde keer in haar lewe
ma, en dis op veertig maar ’n stryd. Dit
gaan goed met haar en Johan, maar haar
lewe word op sy kop geleer as haar oudste
dogter, Kara (Karli Heine), skielik terug
keer huis toe.
• Herman en Altus (in die nuwe reeks
vertolk deur Stian Bam) se verhouding
gaan van krag tot krag, en dan doen Altus
skielik iets wat Herman die minste verwag
en sy lewe in ’n hele nuwe koers stuur.
• Vir Anna gaan die lewe aan soos nor-
maal en sy en Jan is baie gelukkig, maar
deur die loop van die reeks word Anna tot
die uiterste beproef en sy moet aanvaar
dat sy ook maar net mens is.
• Lillie is aan die begin van die tweede
reeks steeds in Parys.
• Gert is gelukkig in Kanada.
NUWE KARAKTERS
BY DIE BOEKKLUB
ARNO MARAIS
• KARA is Hanli se do gter en sy keer
terug na Merweville. Dis ’n bron van groot
kommer vir Hanli, maar vir Kara is dit
’n kans om haar batterye te herlaai. Sy voel
uitgebrand en het nodig om te herbesin
oor haar lewe. En watter beter manier is
daar as om by die boekklub aan te sluit?
(In die tweede episode sluit daar ook twee
nuwe karakters by die storie aan, maar
wie hulle is en hoekom hulle daar is, sal
die kykers eers later ontdek.)
LUKA GELDENHUYS
• LOURENS (De Klerk Oelofse) is die
nuwe speurder op die dorp en ontmoet
Tom en Anna op onverwagse maniere.
Hy sluit aan by die boekklub, en deur die
loop van die reeks onderneem Lourens
’n reis waar hy ontdek presies waartoe hy
alles in staat is.
LEE-ANN VAN ROOI
Die Boekklub Vanaf Dinsdag 11 Julie om 20:00 op kykNET, kanaal 144
JULIE 2017 | kykNET
11