Emma Renzi
saam met Tobie
Cronje nadat
sy haar Fiësta
ontvang het.
Ben Schoeman
#overture
Nellie du Toit
Wêreldklas!
Op kykNET word klassieke musiek nie afgeskeep nie, en in Julie is dit ook nie anders nie.
Op dié maand se vyf Sondae bring ons hulde aan vyf Suid-Afrikaners wat hier en in die
buiteland naam gemaak het. Die musiekkenner Philip de Vos vertel meer.
FOTO’S PHILIP DE VOS EN VERSKAF
D
ie afgelope paar jaar het talle
Suid-Afrikaanse sangers, van
wie Pretty Yende sekerlik
die bekendste is, hulle deur
hulle optredes bewys as musici wat by
enigiemand ter wêreld kan kers vashou.
Maar daar is ook ander uit die verlede én
die hede op wie ons kan trots wees.
2 Julie
EMMA RENZI is in 1926 gebore en was
in baie opsigte een van die eerstes: Die
eerste Suid-Afrikaner wat in La Scala in
Milaan sing, die eerste Suid-Afrikaner
by die Edinburgh-fees, en van die eerste
sangers by die opening van die Staats
teater in Pretoria en die destydste Nico
Malan-operahuis in Kaapstad. Sy was
ook die eerste Suid-Afrikaanse sanger
wat feitlik reg oor Italië welslae behaal
het en daarna haar talent as sangdosent
in Suid-Afrika kom terugploeg het. Op
skool wou sy ’n dokter word.
9 Julie
12
NELLIE DU TOIT is in 1929 gebore en is
een van ons mees geliefde soprane. Sy is
die ontvanger van drie Nederburg-pryse
vir haar operarolle by die destydse
Kunsterade, met Lucia di Lammermoor en
Madame Butterfly van haar grootste rolle.
Vir laasgenoemde was sy in 1970 ’n finalis
in die wêreldwye Madame Butterfly-
kompetisie in Japan. Sy word vandag nog
onthou vir haar ligte musiekoptredes
saam met Gé Korsten. Sy is die trotse ma
van vier dogters – een van hulle, Christine
Crouse, was artistieke direkteur van Kaap
stad-opera en regisseur van talle operas. derwys sy sou nie omgegee om ’n tenoor
te wees nie, al is dit net om “Nessun
dorma” te kan sing.
16 Julie 30 Julie
MICHELLE BREEDT is ’n Suid-Afri-
kaansgebore mezzosopraan wat gereeld
by die feeste in Bayreuth, Duitsland, en
Salzburg, Oostenryk, optree. Sy het ook
’n verbintenis met die Wigmore Hall in
Londen en Carnegie Hall in New York,
en kom steeds Suid-Afrika toe om haar
sangkennis en talente met liederoptredes
en sangonderrig te deel. Van haar vertol
king in die moderne opera The Passenger
is gesê buiten vir haar sang is ook haar
toneelspel ’n Oscar werd. Sy sê grappen
23 Julie
ELZA VAN DEN HEEVER sing in die
groot operahuise van die wêreld, plekke
soos die Weense Opera en die Metro-
politan in New York. Veral in New York
maak sy opslae, en gelukkig kan ons haar
optredes ook hier geniet met die Met se
opnames wat plaaslik in Ster-Kinekor-
teaters gewys word.
BEN SCHOEMAN is vroeg in die dertig
en word beskou as een van Suid-Afrika
se voorste pianiste. Hy het al met menige
prys weggestap – die eerste was as die
algehele wenner van Unisa se Internasio-
nale Klavierkompetisie in 2008. Die kom-
ponis Stefans Grové het sy Concerto vir
klavier, tjello en orkes aan Anzél Gerber
en Ben opgedra, en dis oor dié kompo-
nis waaroor Ben ’n doktorale proefskrif
voltooi het. Hy het op vier begin vioolles
neem, maar die klavier het geseëvier.
Overture Sondae om 14:30 op kykNET, kanaal 144
kykNET | JULIE 2017