derpastei wat my skoonma gemaak het, en
tapiokapoeding van my ma. Ek het vroeg
in my lewe geleer om hulp te vra as jy dit
nodig het. Wie gaan weet hulle moet jou
help as jy nie vra nie?”
ONS GESELS OOR Parlement Parle
ment, wat Elana beskryf as ’n komedie-
speletjiesprogram.
“Ek het in my lewe nog nie iets snaak-
sers gesien nie,” sê sy. “Ek is Madam
Speaker, oftewel die tannie met die hamer.
Daar is twee spanne met drie spanlede
elk – die een is die regering, die ander
die opposisie. Daar is komediante in elke
span, mense soos Margit Meyer-Röden-
beck en Anne Hirsch, maar ook ander
bekendes soos Rian van Heerden, Louw
Venter en Marion Holm.
“Ek vra vir die spanne vrae en hulle
moet op hulle voete dink om te antwoord.
Dis moeilik om orde te handhaaf, want ek
wil die heeltyd uitbars van die lag!”
So gepraat van die regering... Hoe voel
sy oor Suid-Afrika?
“Ek het ’n Suid-Afrikaanse paspoort en
gaan nêrens heen nie – nie net omdat ek
nie kan nie, maar omdat ek nie wíl nie,” sê
sy. “Ek moet hoop in my hart hê. Ek weet
die slegte sal nooit die goeie oorwin nie.
Ek wéét dit.
“Natuurlik kan ek verstaan dat mense
soms mismoedig raak, maar jy moet een
ding onthou: As jy die heeltyd vir jou-
self sê hoe sleg dit gaan, gáán jy elke dag
’n slegte dag beleef.”
Haar ouer suster, Helga, woon al jare
in Engeland saam met haar Britse man en
hulle twee kinders.
“Die blote feit dat sy daar woon, maak
haar lewe nie veiliger nie. Kyk wat het in
Manchester gebeur. Ek het nog nooit van
’n terreuraanval in Bellville gehoor nie.”
As dit by haar eie kinders kom, is Elana
’n leeuwyfie. “Moenie aan my kinders vat
nie,” sê sy. “Jy sál tweede kom.”
Omdat sy nie elke dag by die huis is
nie, is die tyd wanneer sy wel daar is, vir
haar baie kosbaar. “Ons lees baie, speel
bal, gesels.” Sy haal haar selfoon uit en
wys ’n video van Essie wat sy vir die twee
oumas gemaak het. “Sy is ’n baie slim
kind,” sê Elana trots.
‘Ek het vroeg in my
lewe geleer om hulp
te vra as jy dit nodig
het. Wie gaan weet
hulle moet jou help
as jy nie vra nie?’
Hulle is ’n Afrikaanse én Engelse gesin.
Sy en Ian praat Afrikaans met mekaar, al
is hy Engelssprekend en het hy as kind in
Amerika gewoon. Met die kinders praat
hulle Engels, maar die vorige aand het
Essie vir Elana een van Carike Keuzen-
kamp se Ghoempie-boeke gebring om vir
haar voor te lees.
“Dis vir my belangrik dat die kinders
tweetalig moet wees. Dit was vir my nog
net voordelig dat ek heeltemal tweetalig is.
Hulle van is Afrika-Bredenkamp – ma se
kinders én pa se kinders.”
AS KIND HET SY GEDINK sy kan enig
iets vermag. “Niemand het ooit gesê jy
kan nie of sal nie,” sê sy. “My ouers was
ondersteunend – en is vandag nog – maar
hulle hou my voete op die grond. Hulle
maak nie ’n fuss nie. Wanneer ek vir my
ma vertel van werk wat ek gekry het, sal
sy vra wat is volgende. Wanneer ek met
my pa praat – en ons praat elke dag – vra
hy of ek hard werk en of ek mooi met my
geld werk.”
Elana is ná skool Stellenbosch toe om
drama te studeer, maar haar studie is
onderbreek toe sy aanbieder van die jeug-
program Jip op kykNET geword het.
“Dit was 2001, ek was 21 en het sak
en pak Johannesburg toe getrek,” vertel
sy. “Ek het een slag my pa, wat ’n reken
meester was, gebel om te vra of ek geld
kan leen. Hy het vir my R50 oorbetaal en
gesê dit moet vir die week hou. En dit het.
Dit was ook die laaste keer dat ek by hom
geld geleen het. Ek maak altyd ’n plan.
Toe ek jonger was, het ek vir myself gesê
ek wil nooit bid vir kos in my kaste nie,
en vandag kan ek met dankbaarheid sê
dit was nog nooit nodig nie.”
Sy het nog heelwat dinge wat sy in
haar lewe wil vermag. “Ek is besig met
’n kursus in kreatiewe skryfwerk en hoop
om eendag kinderboeke te skryf. Dan
wil ek ma’s help – nie net met raad nie,
maar ook om hulle te bemagtig. Ek is deel
van ’n WhatsApp-groep met ander ma’s
en het besef ons almal het in ’n stadium
raad en hulp nodig. Daar’s ook planne vir
slaapsakke vir baba’s en kinders.”
Hoe kry sy dit reg om vir haar en Ian
tyd te maak in hulle besige skedules?
“Ons het date nights, en op die oomblik
maak ons seker ons kyk Sara se Geheim
saam. Ek maak popcorn, ons sit op die
bank voor die TV en kyk soos enige man
en vrou saam ons gunstelingprogram. Ek
sal wat wil gee om eendag in ’n drama-
reeks soos dit te speel.”
In ’n glanswêreld kan dinge soms
klatergoud wees. Nie Elana nie. Met
haar meer as 244 000 volgelinge op
Twitter, bykans 40 000 volgelinge op
Instagram en 36 000 mense wat haar op
Facebook volg, bly haar voete plat op die
aarde. Ja, sy het baie selfvertroue en glo in
haar eie vermoëns – “ek is die beste sere-
moniemeester wat daar is” – maar is nie
vol van haarself nie. Sy werk;
sy werk hárd en sê nooit
nee vir ’n uitdaging nie.
Vir meer
inligting oor
Is sy nie dalk die regte
Parlement
een om die speaker in
Parlement gaan
die regte parlement
na kyknet.tv
te word nie?
Parlement Parlement Vanaf Maandag 10 Julie om 20:30 op kykNET, kanaal 144
JULIE 2017 | kykNET
5