kykNET Julie 2017 | Página 4

# ParlementParlement
# ParlementParlement

MADAM ELANA

SPEAKER

Ontmoet Elana Afrika-Bredenkamp , die vrou aan die stuur van sake in die nuwe komedie-speletjiesprogram Parlement Parlement .
DEUR ILZA ROGGEBAND
4

Sy sit nie en wag dat dinge gebeur nie . Glo ook nie enigiets moet in jou skoot val nie .

“ As jy dít dink ,” sê Elana Afrika- Bredenkamp en druk met haar wysvinger op die tafelblad in die koffiewinkel , “ gaan die lewe sonder jou aan . Life will happen without you .”
Dis Maandagoggend . Die son skyn en in die verte lê Tafelberg blouselblou in al sy glorie . Elana het ’ n besige week voor haar en rits alles af wat tot Saterdag gaan gebeur . Die vorige week was sy in Johannesburg vir die opnames van Parlement Parlement , ’ n nuwe reeks wat op10 Julie op kykNET begin .
“ My lewe het aan die een kant geen balans nie – nie een week lyk soos ’ n ander nie – maar omdat ek so ’ n goeie onderteuningstelsel het , val alles in plek ,” sê sy . “ My man , [ die radioman ] Ian Bredenkamp , is ongelooflik . Hy is ’ n uitstekende pa vir sy twee kinders uit sy eerste huwelik en ook vir ons twee dogters , Esther Beth
( Essie ), wat in Maart twee jaar geword het , en Annabelle
( Annie ), wat in Januarie gebore is . “ My ouers , Ellen en Hennie , is net om die draai , en Ian se ma , Lani , is altyd beskikbaar wanneer ek haar nodig het . Ons eet juis vanaand ’ n hoen- kykNET | JULIE 2017