#JanBraai
ALLESBEHALWE
’N SOFAPOKKEL
Hy het ’n oormaat energie: Wanneer hy nie die land
vol braai nie, is hy op ’n fiets, te voet of in ’n kano. Jan Braai
en Herman Lategan het op ’n Vrydagmiddag oor ’n bord
kos en ’n glas wyn gekuier.
J
6
HOOFFOTO NARDUS ENGELBRECHT
an Braai kom by een van Seepunt se
topbraairestaurante ingevlieg, betyds,
op die sekonde: 12.30. Hy is pure sweef-
stokarties wat fiks en kiertsregop na die
tafel toe aansweef.
Mnr. Braai trek nogal ligweg op die
akteur Ryan Gosling. Enige oombl ik kan
hy lostrek met danspassies soos wat ons in
La La Land gesien het.
Agter ons is Leeukop wat liggies sluimer
onder die wit wolke. Seemeeue duik en
fladder verby die groot skoon vensters.
Die eetplek se naam is NV-80, geleë in
The Point Mall, in dieselfde gebou waar
Jan se kantore is. Sy blyplek is net om die
draai. As hy nie reis nie, is hierdie kos-
mopolitiese kusvoorstad met sy seelug wat
ruik na sout en bamboes sy heimat.
Maar hier ruik ons vleis. Hy is lief vir
kos, sport, reis, mense, die buitelug – dít
kom jy gou agter. Praat kom van nature,
sy persoonlikheid is gemoedelik en ruim
hartig. Hy is nie die muurblom in die
hoek nie.
Voordat ons nog oor sy nuwe TV-reeks
kan praat, begin hy vertel: “Ek eet gereeld
hier, want die vleis is prima. Maar ek hou
ook van ander kos, hoor! As ek moeg
word vir steakhousekos of braaivleis, gaan
eet ek gereeld die heerlikste kerrie skuins
oorkant die pad. Sushi is ook lekker, veral
met geelstert, net hier anderkant.”
As hy oor kos praat, is sy oë die ene
vlamme, nie flou kole vol as nie. Vandag
bestel hy NV-80 se 100% biefburger.
“Dis uitstekend.” Hy weet ook dis
kykNET | JULIE 2017
suiwer beesvleis, want hy ken sy
storie. Hy rammel die snitte van dié
vleis af soos ’n afslaer by ’n vendusie:
“Diklies, skof, kruis, stertstuk...”
Ek vra ’n sappige beessosatie. Die
vleis smelt in my mond en sy gesig is
pure kind as hy die eerste hap vat van
sy hamburger wat so groot soos berg
Etna lyk.
“As jy nie jou groente gaan eet nie,
gaan ek,” sê hy. “Van al die vleis smag
ek soms na groente.”
Die rooiwyn wat hy kies, is
Buitenverwachting Meifort –
heerlik met ons geurige vleis en
my verskeidenheid kraakvars
groente. Ek het vergeet om vir
hom van die groente aan te bied,
maar hy is te veel van ’n jintel-
man om te vra.
Hy is goedgemanierd,
empaties en duidelik ’n ver-
teller. ’n Fantastiese braaimaat
dus, en nié iemand wat die gaste
sal laat spaander deur hand uit
te ruk of soos ’n knortoffie (sien
sy braaiwoordeboek op die oor-
kantste blad) in die hoek te sit nie.
MAAR KOM ONS BEGIN by
die begin: Jan Scannell het
op Stellenbosch groot-
Vir meer
geword. Dié van, vertel
inligting en
hy, is Iers. “Daardie Ier
resepte gaan
na kykNET.tv
en sy nasate het onder
die Boerevrouens begin