kykNET Julie 2017 | Page 26

# JýGeld
# JýGeld

Die ryk

LYNELLE lewe van

KENNED

Die talentvolle Lynelle Kenned is die aanbieder van Jý Geld , ’ n nuwe program oor finansies vir vroue wat op 9 Julie begin . Gielie Hoffmann het haar beter leer ken .
26

Een ding is seker : As ek geld kon belê in iemand se loopbaan , sou dit Lynelle Kenned s ’ n wees . Binne minute nadat ons ontmoet het , is ek meegevoer . Sy is vriendelik . Sy is talentvol en gedrewe . Sy is aantreklik . Ja , sy het reeds ’ n bedrywige loopbaan , maar ek het ’ n sterk vermoede sy gaan binnekort die naam op almal se lippe wees .

Jý Geld , waarvan sy die aanbieder is , gaan beslis hiertoe bydra . Sy gaan met finansiële kenners praat , maar ook met mense met relevante ervarings . Gemaklik , informatief , reg vir ons tyd . En as daar iemand is wat ’ n potensieel vervelige onderwerp kan opkikker , is dit Lynelle .
Hierdie gebore Paarliet het vroeg in haar lewe kennis gemaak met musiek . Haar familie is deurtrek van talentvolle musikante , maar dis as ’ n lid van die wydbekende koor van die Hoërskool Stellenberg dat sy besef het sy wil op die verhoog wees . En toe sy as hoërskoolleerling die produksie Steamboat by Kunstekaap sien , was die koeël deur die kerk . Haar keuse het geval op die Operaskool van die Universiteit van Kaapstad .
Hier sou sy haar instrument ontdek en slyp . Vinnig-vinnig het sy opgang gemaak en terwyl sy gestudeer het , al hoe groter rolle begin kry . Sy is tot so ’ n mate geïnspireer dat sy ná haar studie aansoek gedoen het om in Londen verder te studeer . Haar aansoek was onsuksesvol .
Hierdie sou ’ n beslissende oomblik in haar lewe wees . Sy is terug Paarl toe en kon twee maande lank sang gee by die einste musiekskool waar sy begin het .
Verder was dit die eerste keer in vyf jaar dat sy weer tuis was , min wetend dat haar ma enkele jare later haar stryd teen kanker sou verloor . “ Vandag weet ek dit was kosbare tye saam .”
Dit was ook haar ma wat haar aan gemoedig om in te skryf vir Top Billing se soektog na ’ n nuwe aanbieder , iets wat haar lewe sou verander .
‘ Ek glo vas ’ n gesonde liggaam huisves ’ n gesonde gees . ’ n Belegging in my eie gesondheid help my om elke dag die pas vol te hou .’
Sy het nie die kompetisie gewen nie , maar is dadelik ’ n rol as Pasella-aanbieder aangebied . Vier jaar het sy die land deurkruis om stories te vertel , en opnuut ’ n vaardigheid aangeleer wat haar sou voorberei vir latere geleenthede . Sonder haar ma se aanmoediging sou sy nooit aansoek gedoen het vir daardie aanvanklike oudisie nie .
ONS GESELS op ’ n Sondagmiddag in Johannesburg , die afgelope paar maande haar tuiste . Sy het vanoggend uit die Kaap geland waar sy ’ n hartsvriendin gaan
verras het vir haar verjaardag . Môreoggend is sy met ’ n rugsak op pad na Kambodja om die wêreld daar te verken .
Al was haar aanvanklike groot doelwit om die groot verhoë van die operawêreld te betree , is haar uitgangspunt nou eenvoudiger : Doen alles wat jy kan om voorbereid te wees as die groot geleenthede oor jou pad kom .
“ Ek glo vas ’ n gesonde liggaam huisves ’ n gesonde gees . ’ n Belegging in my eie gesondheid help my om elke dag die pas vol te hou . Ek het begin draf én het reeds my eerste halfmarathon agter die blad . Dan beplan ek ook om ’ n intensiewe jogakursus aan te pak sodat ek my skoliose kan teenwerk .”
Iets wat haar lewe onherroeplik verander het , was toe sy verlede jaar die Portugese Camino gaan stap het . “ Ek het die byna 700 km tussen Lissabon en Santiago aangedurf , iets wat vir my ’ n genesingspad was . Die isolasie , die stilte en die afstand van my daaglikse lewe het my gehelp om emosioneel gesond te word ná my ma se dood die jaar vantevore .”
Aan die vooraand van haar 29ste verjaardag is sy opnuut bewus van hoe belang rik vriende is . Sy koester verhoudings , en dít was die moeilikste van haar besluit om Johannesburg toe te trek : om haar vriende in die Kaap te los .
Maar die besluit werp reeds vrugte af . Sy het haar eerste fliekrol agter die blad ; sy kan ja sê vir meer geleenthede as seremoniemeester , aanbieder en spreker ; en sy is reeds vas vir ’ n nuwe musiekblyspel , Calling me Home , later vanjaar voordat
kykNET | JULIE 2017