Lynelle se gunstelinge
EETPLEKKE
• Bocca – Kaapstad
• La Parada – Kaapstad
• Foxcroft – Kaapstad KOSWINKELS
• Wellness Warehouse
• Woolworths
• Food Lover’s Market
KOSERVARING
In 2014 het ek ’n ses
gangete by Chapter One,
’n Michelin-restaurant in
Dublin, Ierland, geniet.
Die hoogtepunt was
’n Ierse koffie wat van
scratch af by jou tafel
gemaak word. WYN
Diemersfontein Coffee
Pinotage
KOS OM SELF TE MAAK
• Oondgebraaide varklies
• Lamsbredie met kool
• ’n Ontbytsmoothie
AFGEMERKTE
ITEMS OP HAAR
EMMERSKOPLYS
• Tandem-skermsweef
• Warmlugballon
• Haaitenkduik
VOLGENDE OP HAAR
EMMERSKOPLYS
Valskermspring
daar weer ’n reeks vertonings van West Side
Story is. Haar reis na Kambodja is die regte
doepa vir die besige maande wat voorlê.
AS KUNSTENAAR het sy een van haar
grootste finansiële lesse by haar ma geleer.
“In daardie twee maande by die huis het
my ma gesê: ‘Begin dadelik geld wegsit en
kry lewensversekering.’ Hierdie benadering
maak dat ek nooit te veel geld uitgee terwyl
dit goedgaan nie. Ek vertrou daar sal werk
oor my pad kom, maar verkies om slim te
werk met my geld.”
Haar enigste bederf is reis, iets wat sy as
’n soort belegging in haar loopbaan beskou.
“Dit verbreed my horisonne en verleen
diepte aan my vertolkings.” Tussendeur
geur sy haar lewe met kos en avontuur.
Ons groet in die parkeerterrein. Weke
tevore het ek haar sien optree as mede-aan-
bieder van die ATKV-Mediaveertjies se
glansaand. Toe het ek gedink sy is talentvol.
Nou weet ek sy is meer as dit. Sy laat niks
aan die geluksgodin oor nie – of sy nou as
operasanger, akteur, aanbieder of sanger in
musiekblyspele optree. Sy beweeg naatloos
tussen haar verskillende rolle – met entoesi-
asme, grasie en selfvertroue.
En ons is die gelukkige toeskouers.
Vir meer
inligting gaan
na kyknet.tv
27
Jý Geld Vanaf Sondag 9 Julie op kykNET, kanaal 144
JULIE 2017 | kykNET