kykNET Julie 2017 | Page 25

Kyk die lokprent hier: youtube. com/watch?v= ARuo-YsVFI4 #krotoa Ons almal se stammoeder K Met nie minder nie as agt toekennings al klaar agter die blad is daar groot opwinding oor die rolprent Krotoa, wat op 4 Augustus vrygestel word. rotoa vertel die verhaal van ’n vurige elfjarige Khoi-prin­ses wat van haar stam weggeskeur word om vir Jan van Riebeeck, die eerste goewerneur van die Kaap en ’n handelsvennoot van haar oom, te gaan werk. Sy word geneem na die eerste fort, wat in 1652 deur die Verenigde Oos-In- diese Kompanjie (VOC) gebou is, en word ’n invloed­ryke tolk tussen die nedersetters en die inboorlinge. Krotoa word egter later deur haar eie mense verwerp en deur die Hollanders vernietig wanneer sy ’n midde- weg tussen die twee kulture vind. Die draaiboek is deur Kaye Ann Wil- liams en Margaret Goldsmid, en die regis- seur en vervaardiger is Roberta Durrant. Hoekom ’n fliek oor Krotoa? “Baie min is in ons geskiedenisboeke geskryf oor vroue wat ’n invloed gehad het op ons samelewing,” sê Kaye Ann. “Alles wat ons oor Krotoa weet, is via Jan van Riebeeck. Sy was ’n slim vrou wat met die hulp van Maria van Riebeeck vinnig vyf tale geleer het. Krotoa het ’n groot invloed op Afrikaans gehad, met Khoi-woorde soos ‘eina’ wat vandag nog gebruik word.” Haar huwelik met Pieter van Meerhof was die eerste huwelik oor die kleurgrens wat in Suid-Afrika aangeteken is, sê Kaye Ann. “Sy was ’n eensame vrou wat haar kinders verloor het, maar haar dogter Pieternella het die stammoeder geword van menige wit, bruin en swart families.” Kaye Ann het voorheen ook aan ’n dokumentêre program oor Krotoa gewerk, en daarvoor twee jaar lank navorsing gedoen. Was dit moeilik om Krotoa se dialoog te skryf? “Ek is ’n vrou en ek dink toe ek my in haar posisie geplaas het, het ek haar stem gevind,” sê Kaye Ann. “Sy is verstoot en mishandel, sy het haar man verloor en ook haar kinders toe sy die pad byster geraak het. Ek kon my op soveel vlakke met haar vereenselwig.” Die rolverdeling bestaan uit ’n sterk span Suid-Afrikaners: Crystal Donna Roberts is te sien as Krotoa en Armand Aucamp is Jan van Riebeeck. Ander spelers is Jacques Bessenger, Deon Lotz, Marcel van Heerden, Brendon Daniels, Ernest St. Clair en Roeline Daneel, wat die rol van Maria van Riebeeck speel. Wie sal die fliek geniet? “Beslis mense wat in die geskiedenis belang stel, vroue in die algemeen en dié wat daarvan droom om ons land te verenig,” sê Kaye Ann. “Krotoa was ’n voorsaat waarop ons almal – swart, bruin en wit – ’n reg het.” ‘KROTOA’ LAAT DIE PRYSE INROL Krotoa het reeds met agt toeken- nings weggestap by internasio- nale filmfeeste: • Beste fliek by die Harlem- internasionale rolprentfees in New York; • Toekenning vir uitnemendheid by die Internasionale Rolprent- fees vir Vroue, Sosiale Kwessies en Zero-diskriminasie; • Beste rolprent by die Depth of Field- internasionale rolprentfees; • ’n Platinumtoekenning by die Internasionale Rolprent- toekennings; • ’n Diamanttoekenning by die Wêreldfees vir Rolprentmakers; • Beste rolprent by The IndieFEST; • Toekenning vir uitnemendheid met spesiale vermelding vir vroue-filmmakers by die Acco- lade Global Film-kompetisie; en • ’n Wêreldplatinumtoekenning by die World Woman-toekennings. 25 Krotoa Vanaf Vrydag 4 Augustus in teaters landwyd JULIE 2017 | kykNET