KRUIN BASUIN 2014 Kwartaal 1 | страница 9

Wie is jou gunsteling onnie?

Nina Louw

Ons het bietjie gaan uivind wie die gewildste onderwyser in die skool is. Is jou gunsteling hier? Stem jy saam met die uitslae?

Sunike Nel

Een van ons onderwysers, Mnr Marnus, het ‘n baie groot prestasie behaal. Hy het tweede in Mpuma-langa gekom. Die nasionale laerskole rugby skeidsregter eksamen, het in Krugersdorp plaas gevind.

“Dit was ‘n nuwe ervaring en 'n lekker ondervinding. Dit was ook stresvol want mens weet nie wat om te verwag in die toets wat ons moes skryf nie,” het mnr Marnus gesê. Die toets het ‘n 80% slaagvereiste – so die druk was groot. Maar mnr Marnus skrik nie, hy het 94% behaal!

“Ek was bly, verlig en opgewonde toe ek die toetspunte terug kry, toe weet ek, ek staan ‘n kans om iewers te kom. Ons moes ook ‘n fiksheidstoets aflê (die bleep toets). Ons moet 12 bleep hardloop om te kwalifiseer en ek het 'n 13.2 bleep gehardloop,” vertel mnr Marnus verder.

Uit die 70 skeids-regters is twaalf gekies om by ‘n week in Witrivier te gaan blaas. Mnr Marnus is een van hierdie twaalf. Hy is ook genomineer vir die S.A.R.R.A (South Africa Rugby Referees Association) laerskole paneel vir 2014.

Mnr Marnus - raakvat ref

Juané Annandale (Gr 4) dink Juf Lizelle is die beste onderwys-er in die skool.

Izelda Kies (Gr 7) glo niemand is beter as Juf Lettie nie.

Zau-Nease Lindique (Gr 6) dink Juf Marie wen hierdie stryd met 'n myl!

Tayla Pelser (Gr 7) se gunsteling onderwys-er is Mnr Johan Naude.

Lerina Griffin (Gr 4) sê Juf Sanet is tops!

Mnr Tommie is Trystyn Nicholas (Gr 4) se gunsteling personeel-lid.

Leandi Steyn (Gr 5) dink Juf Victor behoort die titel te dra.

Tiffany Pretorius

Die seniorkoor is beslis die beste plek om te wees!

Afrigter : Juf Victor

Ek is 25 jaar al ‘n musiek juffrou en 28 jaar al ‘n koor juffrou. Ek is baie lief vir musiek en dit is vir my wonderlik om te sien hoe kinders hulle potensiaal bereik. Koorkinders het ook ‘n spesiale energie wat my altyd jonk laat voel as ek by hulle is. Ek is 23 jaar al betrokke by Kruinpark se seniorkoor. Die seniorkoor is vanaf 1992 ‘n revuegroep.

Die revuegroep is uniek aan Kruinpark. Dis ‘n baie groot uitdaging vir almal om so mooi te sing en gelyk die bewegings aan te leer, maar ons het lekker tradisies en word later soos ‘n groot familie. Dis ook vir my lekker om saam met al die ouers te werk. Almal moet inspring om van die revuegroep ‘n sukses te maak.

Die revuegroep se hoogtepunt van die jaar is die uitstappie aan die einde van elke baie besige jaar. Ons gaan kyk gewoonlik na ‘n ‘show’ en sing en dans ewe lekker saam met die kunstenaars!

Kruinpark voer vanjaar self sy elfde revue op. Ek het al elf die revue’s geskryf. Ons is 25jaar oud vanjaar en die revue se tema is “Van toeka tot nou.” - Die naam was mnr Barnie se idee!

Juf. Victor

So sing-sing saam