KRUIN BASUIN 2014 Kwartaal 1 | Page 8

Slim koppe

Keisha Dunn

Die 2014 Raedenaarseisoen het afgeskop met ‘n behoorlike tonge-stryd! Onderwerpe soos rooi, posisie en seisoen is van hoek tot kant beredeneer op die junior en senior interne redenaarsaande. Beoordeelaars moes fyn luister om die spanne te kies.

Baie geluk aan die volgende redenaars wat tot die ATKV- en Hoëveldgroep spanne verkies is:

Gr 1-3: Justin Knoetze, Carl-Hugo Kleynhans, Dominic Koegelenberg, Kirsten vd Walt en TJ Vorster.

Gr 4-5: Lara du Toit, Channa Dunn, Hermand Aucamp en Stefan vd Spuy.

Gr6-7: Realette Pool, D’Preez Hattingh, Keisha Dunn en Nina Louw.

Hierdie groep gladde tonge het reeds aan die Hoëveldgroep deelgeneem en het werklik puik presteer.

Ons hou styf duim vas vir hierdie groep wanneer hulle hul tonge moet roer tydens die eerste rondte van die ATKV uitdunne in April.

•Bye het nie ore nie.

•Krokodille kan nie hulle tong uitsteek nie.

Die Eiffeltoring groei elke jaar met 150mm a.g.v uitset-ting van warm weer.

Skoenlappers proe met hulle voete.

Omtrent 100 mense verstik hulself dood aan hul balpuntpenne elke jaar.

Alle ysbere is linkshandig.

‘n Volstruis se oë is groter as hulle brein.

gedien het. Dankie aan elke leerder wat sy of haar pouses eenkant toe geskuif het, om die Here te dien. Elke minuut maak saak! Wanneer ons klaar maak met die ou jaar moet ons vorentoe kyk na die nuwe jaar -2014. In 2014 beplan ons groot goed vir Coolklub. So ek wil jou nou alreeds nooi, hou jou Woensdae oop en kom dien saam met ons die Here.

Saam kan ons ’n verskil in ons skool en Secunda maak.

Liefde in Christus

Mnr Robert

•Skoenlappers proe met hulle voete.

•Omtrent 100 mense verstik hulself dood aan hul balpuntpenne elke jaar.

•Alle ysbere is linkspotig.

•'n Volstruis se oë is groter as hulle brein.

Het jy geweet??

Roer jou tong!

Eksamen flaters

Janco Viljoen

Wie was kwaad toe die verlore seun teruggekeer het?

Die vetgemaakte kalf.

Waarvoor word beesvelle gebruik?

Om die bees binne te hou.

Wat is die verlede tyd van eet?

Honger.

Wat is die meervoud van Kabeljou?

Kabeljulle.

Wat is die doel van die kies- en oogtande?

Die kiestande kou die kos fyn en die oogtande kyk dat hulle die kouwerk goed doen.

Wat is teenoorstaande hoeke?

Hoeke wat vir mekaar kyk.

Noem 5 dinge wat melk bevat.

Kaas, botter en drie koeie.

Trouklokke lui!

Baie geluk aan Juf Sharne (van Wyk) Engelbrecht wat onlangs in die huwelik bevestig is. Baie geluk ook aan Juf Evette Hennop en Mnr Danie Breed wat ook albei onlangs verloof geraak het. Ons wens vir julle en julle maats 'n toekoms vol liefde en geluk toe.

Nadine Jv Vuuren

Die department van Onderwys het besluit dat Laerskool Kruinpark een van die uitverkose skole in Mpumalanga gaan wees wat Zoeloe-klasse gaan aanbied.

In Februarie het die Zoeloe-klasse begin vir alle graad een leerders. Juffrou Kata bied die klasse aan, wat duur vir 30 minute lank, vier maal per week. Zoeloe klasse is baie belangrik aangesien ‘n derde taal aangeleer word. Sing-sing leer die kinders (en die juffrouens), deur onder andere die interessante aanbieding van liedere, hoe om ‘n derde taal te praat.

Zoeloe klasse

Tiffany Pretorius

Afrigters: Juf Sanet Louw en Juf Hanneri Mouton

Juffrou Sanet sê: “Alle graad een tot drie leerders oefen solank julle stemmetjies in die bad, in die kerk en in die kar oppad skooltoe!”

Oudisies vir die juniorkoor gaan in skooltyd plaasvind na afloop van die netbalseisoen. Die enigste vereiste is dat jy ‘n stem so soet en suiwer soos ‘n nagtegaal moet hê.

Daar is elke jaar ‘n klomp talentvolle kinders in die juniorkoor en hulle is vas oortuig dat hulle nog eendag ‘n Bobby van Jaarsveld, Riana Nel of Juanita du Plessis sal oplewer! Ons sien uit om julle by die oudisies te ontvang.

Suiwer soos 'n nagtegaal