KRUIN BASUIN 2014 Kwartaal 1 | Page 4

Nuwe mense en dinge

Juf Yolanda

Terrein

1.As juffrou enige plek in die wêreld kan vakansie hou waar sal dit wees en hoekom?

Ek is verskriklik lief vir die natuur en daarom sal ek na enige wildreservaat gaan om vakansie te hou.

2.Na watter musiek luister juffrou graag en wat is juffrou se gunsteling liedjie?

Ek hou baie van Afrikaanse musiek, veral Dewald Wasserfall se “Eendag as ek groot is.”

3.Wat laat juffrou lag?

Kinders met oulike sê-goed bv “Kyk die cherries ouens.” (Gr 2 seuntjie) Grappies en vermaaklikheidskunstenaars laat my ook lag.

4.Was skool vir juffrou lekker? Wat het juffrou die meeste van skool geniet?

Ja, ek het baie van skool gehou en al die kampe en toere was vir my altyd die lekkerste.

5.Wat is juffrou se gunsteling program op tv?

Ek kyk verskriklik baie programme soos Revenge, Grey’s Anatomy, Beauty and the Beast ens.

6.As juffrou nie ‘n onderwyser was nie, wat sou juffrou graag wou doen?

Ek sou dan ‘n skoonheidsdeskundige wou word, omdat ek daarvan hou om met mense te werk.

4.Was skool vir juffrou lekker? Wat het juffrou die meeste van skool geniet?

Ja, ek het baie van skool gehou en al die kampe en toere was vir my altyd die lekkerste.

5.Wat is juffrou se gunsteling program op tv?

Ek kyk verskriklik baie program- me soos Revenge, Grey’s Anatomy, Beauty and the Beast ens.

6.As juffrou nie ‘n onderwyser was nie, wat sou juffrou graag wou doen?

Ek sou dan ‘n skoonheidsdes- kundige wou word, omdat ek daarvan hou om met mense te werk.

Nina Louw

Hestie Truter

Daar is baie nuwe ontwikkelinge op ons skoolgrond. Voorwaar iets om op trots te wees!

Die afdakke is daar sodat die onderwysers hulle voertuie in die skadu kan parker. Dit het ook nog ‘n funksie: al ons Kruinparkers se prestasies word daarop ten toongestel. Kom kyk gerus wie se gesig daar pronk en wat hulle gedoen het – miskien sien jy jouself, wie weet?

Die ander nuwe ontwikkeling is ‘n splinternuwe vergrote speelhok. Die speelhok is enige graad een tot drie kind se gunsteling plek – nou is dit net nog beter! Nog klimrame is bygevoeg en die Kruinparkertjies kan nou eers lekker speel.

Die speelhok is baie veilig aangesien ‘n leier elke dag daar aan diens is asook ‘n onderwyser wat toesien dat hulle speel sonder om seer te kry.

Daar is ‘n rooster sodat ‘n ander graad elke dag die speelhok kan gebruik en geniet.

Juf Yolanda Swanepoel is die nuwe graad twee juffrou.