Gholfdag 2014
Janco Viljoen
Noudat almal se atletiekskoene opgehang is, het die rugbyseisoen afgeskop en die manne is weer hard aan die oefen. Daar word geskop, gehardloop en geduik dat die stof so staan! Die rammetjies het ook begin oefen. Ons hoop dat daar sommer baie nuwe talent uit hierdie jong ramme ontgin sal word.
Sterkte manne met die wedstryde wat voorlê! Ons weet sommer julle sal hierdie jaar weer Koning-kraai.
Janco Viljoen
Netbaloefening is weer op volle dreef.
Daar was ‘n netbaltoer vir die o/10 – o/13 spanne gewees in Februarie waar-tydens die meisies baie nuwe vaardig-hede aan geleer het. Ons hoop hulle kan dit goed toepas wanneer hulle die wedstryde die jaar kafdraf. Baie sterkte!
RUGBY
Amanda Henning
Dit is weer tyd vir die jaarlikse gholfdag wat aangebied word deur die lede en ouers van 2014 se leierraad. Die fonds met die dag dra by tot die bevordering van ons skoolgronde. Soos almal alreeds weet is daar afdakke opgesit vir die personeel se voertuie.
Die gholfdag vind plaas op 2 Augustus te Graceland. ‘n Vier bal kan bespreek word by die klub teen R150pp. Enige verdere navrae kan aan Mnr Nico by die skool gerig word. Daar is groot pryse op die spel.
NETBAL
Anushka Wardeck
Ons atlete het hierdie jaar maar swaar gekry met die eerste paar wedlope, maar het wel weer opgetel en hoe! Baie van ons atlete het ver gevorder. Ons sê baie geluk aan Hanco Meintjie en Lillian Veldman wat deurgedring het na die ASA kampioenskappe in die Kaap. Dit het van 20 – 22 Maart plaasgevind. Lillian het 4de geëindig in die 1200m vir dogters o/12 en Hanco het baie goed gevaar in sy twee o/12 items.
Ons wil graag baie dankie sê aan al die kinders wat so hard in die middae geoefen het, asook vir al die personeel wat hulle middae opgeoffer het vir afrigting.
ATLETIEK
Sunike Nel
Die Landsdiens het reeds begin en die opgewondenheid vloei deur ons are. Heerlike aktiwiteite gaan gebeur by die landsdiens. Kampe is BAIE lekker – daar is twee klubkampe deur die jaar. Om te kwalifiseer om te gaan kamp, moet jy twee jaar lid van die Landsdiens wees en 80% bywoning by byeenkomste hê. Daar is ‘n kamp vir die graad vier’s en weer een vir die graad ses en sewes. Landsdiens byeenkomste is die eerste Woensdag van die maand vir die juniors en die tweede Woensdag van die maand vir Seniors. Onthou net: Landsdiens kweek karakter en leiereienskappe.
LANDSDIENS