KRUIN BASUIN 2014 Kwartaal 1 | Page 2

Wyse woorde

Die eerste kwartaal van die jaar het verby gevlieg. Alle dank en eer aan ons Hemelse Vader vir al Sy genade en seëninge sover die jaar.

Aan al ons pragtige leerders, ouers en personeel, baie dankie vir al u insette en harde werk hierdie kwartaal om van Laerskool Kruinpark die mooi skool te maak wat hy is. Dit word opreg waardeer. Baie geluk met julle mooi prestasies op akademiese, kulturele en sportgebied die kwartaal. Ek is baie trots op julle. DIt is waarlik vir my 'n eer om deel van hierdie wenspan te wees. Geniet die kort vakansie.

Onthou

Kaptein span die seile

Sterkte met al julle aktiwiteite die res van die jaar. Onthou: Oë Boontoe Vasberade Voorentoe.

Kruinparkgroete

Thomas Steenkamp

Hoof

IDEES VOL VREES