Karoo kids Uitgawe 4, 2017 | Page 34

Lag n slag

Koos sien sy kollega by die werk met ‘n fles loop.

“Wat is dit?” wil Koos nuuskierig weet.

“Dit is ‘n termofles – hou koue goed koud en warm goed warm.” antwoord die kollega.

Die volgende dag het Koos ook een. Die kollega wil weet wat hy daarin het.

Koos antwoord: ” My koffie en my koeldrank!”

Hoekom staan daar sewentien blondines voor die fliek?

Hulle moet 18 wees om in te gaan!!

Piet wil by sy vrou weet wat sy vir haar verjaardag wil hê in die hoop sy vra ‘n nuwe motor.

“ Iets wat van 0 tot by 100 kan gaan in ‘n oogwink.” vra sy.

Toe koop hy maar ‘n badkamerskaal vir haar.