Karoo kids Uitgawe 4, 2017 | Page 33

Ek lê warm en snoesig in my bed,

reg om te droom hoe ek die wêreld gaan red…

Maar daar is tog ‘n ietsie wat pla,

dit is die soettandlus wat erg begin knaag!

Vererg draai ek om,rol op my sy.

Ma wil my nie vanaand by die spens kry!

Tog,die sjokolade lê en wag…

Net’n stukkie is al waarna ek smag!

Soos ‘n magneet trek dit my aan.

Weerloos,niemand sal verstaan.

Voor ek myself kom kry,

lê dit voor my, kosbaar soos sy.

Ek hoor voetstappe in die gang,

skielik gaan die spenslig aan!

Die platsambok wag vir my,

maar ‘n stukkie van die was genoeg vir my!