Kinders van die Noord-Kaap en tot in die Oos Vrystaat het die geleentheid bygewoon.
Van die tuisskolers wat hulp aangebied het, het al van vroeg die Saterdagoggend opgedaag en almal het gehelp om die wolskuur te versier met liggies en ander versierings. Die tema waarop besluit is was “Die Rooi Country Valentynssokkie.” Ons het geverf en versierings wat vooraf gemaak is opgehang.
Ons het sommer almal mekaar lekker leer ken terwyl ons werk en het ‘n prettige oggend gehad. Middagete het die seuns vir ons pannekoek gebak en het almal saam gekuier en danspassies ge-oefen.