Karoo kids Uitgawe 4, 2017 | Page 22

Uitgevat vir die dans het almal opgedaag en van die ouers het ook kom saamkuier. Die tafels was versier en reg vir die ete. Na ete het die dansery begin en het dit herinner aan die outydse skuurdanse waarvan ons net in storieboeke gelees het. Die musiek wat met sorg uitgekies is, was perfek en dit was ‘n heerlike aand en tussendeur het die ouers mekaar ook leer ken en om ‘n vuur gekuier.

Van die ouers het in Welgeval Farmstay oornag en daarom kon almal rustig wees en laat kuier. Die kinders het almal saam in die ou plaashuis uitgekamp. Dit was so ‘n mooi geleentheid dat ons hoop om volgende jaar weer so ‘n samekoms te kan reël. Almal wat graag wil kom moet ‘n groot rooi merk maak om die eerste naweek in Februarie 2018.