Die soldate verste suid het begin vlug. Die engelse aan die noorde kant het op die berg gevuur net toe hulle ander soldate by Kissieberg kom. `n Paar van hulle Offisiere en n klompie soldate is buite aksie gestel deur hul eie kanon se ontploffing. Dit het die soldate aan die noorde kant ook aan die vlug gesit. Die burgers het hulle agterna gesit tot hulle gekonfronteer is deur die Britse artillerie en lansiers.
Hoof kommandant Grobler en sy burgers wat die vorige dag van Stormberg weg is, was nog binne hoorafstand to die eerste skote daardie oggend geval het. Hulle het dadelik omgedraai en van die westekant op die kakies geskiet, wat die engelse gedwing het om te vlug. Die boere het ook n Britse gepanserde trein terug gedryf wat van Molteno se rigting ingestoom gekom het.Dit was 6:00 die oggend.
Engelse verliese was tenminste 25 soldate dood, ongeveer 100 gewond en meer as 600 gevang. Die boere het ook 3 kanonne, 17,000 rondtes ammunisie, honderde gewere met bajonette, en n vervoerwa met n klompie muile vasgevang. Aan die boere se kant is 5 man dood en 16 gevang....
Dis vroegoggend in Molteno. Dis nog donker to die soldate uit die dorpie marsjeer, met n trein vol ammunisie en voorrade amper gereed om te vertrek. Die kannone se wiele kraak saggies in die koel oggendlug. Lansiers ry op n rustige stappie. n Afwagtende stilte rus tusen die klomp dapper soldate, want hulle is oppad na die Stormberg stasie....
Nie ver daarvandaan hou n klompie boere wag op Kissieberg. En onder by die stasie slaap moe burgers rustig. Tot die voorste lansiers in sig kom... DIe wagte op Kissieberg het hulle gewaar. Hulle laai dapper hul mauser en vuur n paar goedgemikte skote die skemerte in. By die stasie skrik boere verskrik wakker, trek hulle leerstewels aan, gooi hul bandeliers oor hul skouers en hardoop na hul perde wat onder die bome wei. Op n vinnige galop trek hulle weg na Kissieberg, met die kannone agterna. Toe hulle die verbaaste soldate beryk, begin hulle woes op hulle skiet. Koels fluit heen en weer voor die sonsopkoms wat die stof rooi en geel kleur. die boere gaan teen Kissieberg se hang op na hul wagte daarbo. Van die dapperste Britse soldate Die koels trek vinnig en sekuur