Die Slag van Stormberg
10 Desember 1999
n Week terug het kommandant Olivier by die stormberg stasie aangekom en het voobereidings getref om n moontlike aanval van Britanje te vookom. Op President Steyn se bevele het kommandant Grobler Stormberg verlaat om Generaal Hendrik schoeman by Colesberg te gaan help. Dit los Olivier met 1000 boere en 2 kanonne... Onbewus van die britse mag wat oppad is...
Olivier was onbewus van die britse soldate, onder leiding van Generaal Gatacre. Met dagbreek het die soldate by Stormberg aangekom, maar omdat hulle nie die omgewing geken het nie het hulle nie geweet hulle het klaar daar aangekom nie.Die burgers, wat op Kissie berg stelling ingeneem het, het eers die vyand opgemerk toe hulle reeds die voet van die berg bereik het. Die wagte aan die suidekant het eerste die lang ry soldate gesien en op hulle begin skiet. Die ander wagte, wat gesien het wat aangaan, het ook begin skiet. Dit het die boere by die hooflaer gewaarsku wat nog geslaap het. Kort daarna het hulle ook op die engelse begin gevuur. Van die soldate het Kissie berg proebeer omsingel, maar die burgers het woes op hulle gevuur. n Groep soldate het, met die kanonne, na die noorde gevlug. Maar een van die kanonne het in n sanderige klofie vasgeval, en die muile wat dit getrek het is platgeskiet deur die boere, en die kanoniers het dit gelos en gevlug. Die ander kanoniers het met hulle ander kanonne op die boere gevuur, maar dit het nie veel skade gedoen nie. Die boere se kanonier, Sersant Muller, het terug gevuur met sy 75 mm krupp kanon. Van die dapperste Britse voetsoldate het deur die gevuur teen die berg op geloop, maar het hulle vasgeloop in n krans van 3 meter hoog.
Thara strydom (14)
Inligting uit 'The war Reporter'